‘Gewilde’ Bethanie-onnie kry borgtog
Francoise Steynberg - ’n Onderwyser van Bethanie, mnr. Lukas Suana Kampale (24), wat Maandagoggend in verband met rassediskriminasie en aanranding met dreigement in die hof verskyn het, is op borgtog van N$2 000 vrygelaat.
Dit volg nadat hy Saterdag in hegtenis geneem is ná hy op sosiale media haatspraak teenoor Nama-mense uitgespreek het.
Hy is ’n wiskunde-onderwyser van Schmelenville Gekombineerde Skool op die Suidedorp.
“Hy is ’n goeie meneer en baie gewild onder sy graad 5 tot 8-leerlinge vir wie hy wiskunde gee. Ons is geskok en ken hom nie so nie,” het ’n personeellid gesê.
Kampale se borgtogvoorwaarde is dat hy nie met getuies inmeng nie.
Assistent-landdros Marchel Pienaar het die saak tot 16 Julie vir verdere ondersoek uitgestel. Mnr. Frederick van der Colf het aangekla.
Die uitvoerende direkteur van die onderwysministerie, me. Sanet Steenkamp, het aan Republikein bevestig Kampale was net tydelik aangestel.
Rakende sy toekoms as onderwyser, het sy gesê “ons volg die interne stappe volgens die Staatsdienskommissie en kyk objektief hierna. Ek wag vir ’n antwoord van die direkteur van die kommissie”.
Steenkamp het bygevoeg: “Dis hartseer dat hy hierdie uitlatings gemaak het en sy beeld skade berokken het.”
Intussen het die Landless People’s Movement (LPM) se politieke aksiekomitee van die ||Kharassteek Sondag die beskuldigde se uitlatings veroordeel.
“Dit is ‘n direkte oortreding van die waardes, kern en gees van die Namibiese Grondwet. Sy uitlatings is walglik, veragtelik en onaanvaarbaar,” lui ’n mediaverklaring van die LPM.
“Ons het met skok en afgryse van die rassistiese en stamgebonde uitlatings verneem wat na bewering deur die onderwyser gemaak is. So ’n individu kan nie as ’n onderwyser in ’n staatskool met ons leerlinge vertrou word nie.”
Die LPM meen die onderwyser moet ook op die oortreding van die staatsdienswet aangekla word.
’n Assistent-onderwyser vir graad 2’s op Walvisbaai, me. Corien Steenkamp, is onlangs afgedank nadat sy na bewering rassistiese opmerkings op Facebook gemaak het.
Sy staar ook strafregtelike klagte in die gesig. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie