Gewilde Canelo pak Turk met ystervuiste

Boks
Michael Green – Ses wêreldtitelgevegte, insluitend een waarin die gewilde Canelo Alvarez van Mexiko sy verwoestingswerk sal probeer voortsit, behoort vandeesmaand te verseker dat boksliefhebbers nie verveeld hul tone sit en tel nie.
Op die Suid-Afrikaanse toneel is dit nog bra stil, met net ’n enkele toernooi wat vir 27 Februarie in Durban beplan word. Die veergewigte Jeff Magagane en Sthembiso Maduna sal onder andere in dié toernooi, wat in die Greenwood Park-saal gehou gaan word, in aksie wees.
Alvarez verdedig sy super-iddelgewigtitels van die Wêreldboksraad (WBC) en Wêreldboksvereniging (WBA) dieselfde aand in Florida, Amerika, teen Avni Yildirim van Turkye.
Yildirim is ’n harde slaner en Alvarez sal maar moet ligloop vir hom.
Ander wêreldkampioene wat in Februarie hul titels verdedig, is Miguel Berchelt, Jamel Herring, Patrick Teixeira en Julio Cesar Martinez.
Joe Smith van Amerika en Maxim Vlasov van Rusland pak mekaar ook vroeg in die maand vir die Wêreldboksorganisasie (WBO) se vakante ligswaargewigtitel.
Op vandeesmaand se program is ook twee internasionale swaargewig-gevegte, wat heelwat belangstelling gaande maak.
Otto Wallin, die Sweed wat Tyson Fury se gesig in 2019 so stukkend geslaan het, boks op 20 Februarie teen Dominic Breazeale.
Breazeale sal in dié geveg wil wys hy is beter as wat dit in sy laaste geveg gelyk het. Toe het Deontay Wilder hom sommer in die eerste ronde al uitgeslaan.
Die ander twee grotes wat in aksie gaan wees, is die Nieu-Seelanders Joseph Parker en Junior Fa. Parker is ’n voormalige WBO-kampioen.
• Die bepalings vir die belangrikste gevegte dié maand is:
6 Februarie in Chihuahua, Mexiko: Austin Trout tn Juan Armando Garcia (superweltergewigte)
13 Februarie in Las Vegas: Joe Smith tn Maxim Vlasov (vakante WBO-ligswaargewig-titelgeveg)
13 Februarie in Hollywood: Patrick Teixeira tn Brian Carlos Castano (WBO-superveergewig-titelgeveg)
13 Februarie in Londen: Josh Warrington tn Mauricio Lara (veergewigte)
17 Februarie in Uncasville, Amerika: Mark Reyes tn Janelson Figueroa Bocachica (weltergewigte)
20 Februarie in Londen: David Avaneyan tn Josh Kelly (Europese weltergewig-titelgeveg)
20 Februarie in Las Vegas: Miguel Berchelt tn Oscar Valdez (WBC-superveergewig-titelgeveg)
20 Februarie in Uncasville: Adrien Broner tn Jovanie Santiago (weltergewigte) en Otto Wallin tn Dominic Breazeale (swaargewigte)
26 Februarie in Milaan: Daniele Scardina tn Cesar Nunez (vakante Europese supermiddelgewig-titelgeveg)
27 Februarie in Florida, Amerika: Canelo Alvarez tn Avni Yildirim (WBC- en WBA-supermiddelgewig-titelgeveg) en Julio Cesar Martinez tn McWilliams Arroyo (WBC vlieggewig-titelgeveg)
27 Februarie in Londen: Jamel Herring tn Carl Frampton (WBO se junior liggewig-titelgeveg)
27 Februarie in Auckland: Joseph Parker tn Junior Fa (swaargewigte)
27 Februarie in Los Angeles: Anthony Dirrell tn Kyrone Davis (super-middelgewigte).
– Netwerk24


FOTO's
Die gewilde Canelo Alvarez van Mexiko boks vandeesmaand teen Avni Yildirim van Turkye. Foto Getty Images

Otto Wallin (regs) van Swede het in 2019 in Las Vegas ’n bloedige sny aan Tyson Fury se oogbank veroorsaak, maar die Brit het nietemin vasgebyt om met punte te wen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!