Gewilde City Dash tot 2021 uitgestel
Gewilde City Dash tot 2021 uitgestel

Gewilde City Dash tot 2021 uitgestel

Padwedlope
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Nadat Nedbank Namibië laasmaand op sy 2020 Citi Dash-padwedloop vir Sondag 6 September in Windhoek aangekondig het, moes dié borg noodgedwonge weens die ontwrigting van Covid-19 sy planne verander.

Verlede jaar se byeenkoms het nagenoeg 2 500 deelnemers gelok en die organiseerders was gerat om dié getal vanjaar selfs te oortref. Maar met die grendelstatus wat Maandag met tien weke verleng is, was die organiseerders met geen ander keuse gelaat as om die gewilde kompetisie tot Junie 2021 uit te stel nie.

Mnr. JG van Graan, Nedbank se finansiële hoof, sê die borg was bewus van uitdagings wat vir hulle voorgelê het.

“Ten tyde van die bekendstelling ’n maand gelede het ons geweet maatreëls rakende persoonlike ruimte tydens die byeenkoms kan sake bemoeilik. Ná samespreking met die Namibiese Sportkommissie (NSC) het ons besluit om eerder die wedloop tot 2021 uit te stel.

“Ons sal die hoofborg van die Citi Dash tot volgende jaar bly. Ons gaan soos gewoonlik dan ’n pretdag vir gesinne aanbied op die naweek wat oorspronklik in die verlede gebruik was. Die veiligheid van deelnemers en beamptes is vir ons van kardinale belang en ons sal volgens die riglyne van die NSC optree,” het Van Graan verduidelik.

? Die jaarlikse Hangana Hake Run & Ride wat op 3 Oktober by die kus moes plaasvind, is ook vandeesweek amptelik gekanselleer en sal op 2 Oktober 2021 plaasvind.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!