Gewilde fiksheidsbandjie hou bloot op werk
Gewilde fiksheidsbandjie hou bloot op werk

Gewilde fiksheidsbandjie hou bloot op werk

Petrus Malherbe - Is jy in sak en as oor jou Jawbone-fiksheidsbandjie nie meer werk nie? Jy is nie al een nie.

Die slimfoonapp waarmee die bandjies se data gesinkroniseer moet word, het sowat vier weke gelede bloot opgehou werk.

Ontstoke eienaars het hul misnoeë in die sosiale media te kenne gegee, maar dit het volgens alle aanduidings op dowe ore geval.

Die probleme het begin toe Jawbone, die Amerikaanse vervaardiger van onder meer fiksheidsbandjies, Bluetooth-luidsprekers en ander koordlose tegnologie, in Junie 2017 gelikwideer is.

Die maatskappy het intussen probeer om sy fiksheidsprodukte en verwante apps na ’n nuwe maatskappy, Jawbone Health, oor te dra sodat eienaars van Jawbone-produkte dit steeds kan gebruik.

Dié plan het iewers langs die pad ontspoor, want die Britse verbruikerswaghond Which? het bevind dat die Jawbone-app nie meer werk nie, wat die fiksheidsbandjies nutteloos maak.

Kort voor lank het aanlyn handelaars soos Amazon en GroupOn aangedui dat Jawbone-bandjies nie meer te koop aangebied sal word nie.

Which? het ook gewaarsku dat handelaars wat steeds Jawbone-produkte verkoop deur klagtes in die gesig gestaar word en dat kopers geregtig sal wees om ’n terugbetaling te eis vir produkte wat nie werk nie.

“Dit is handelaars se verantwoordelikheid om seker te maak dat produkte wat aanlyn of in winkels verkoop word, in ’n werkende toestand is,” het ’n woordvoerder aan die BBC gesê.

“Dis veral van toepassing op ’n produk waar ’n digitale komponent ’n kernrol speel, soos die geval met fiksheidsbandjies.”

Jawbone het in Mei op Twitter belowe dat sy bestaande app, Up, oorgedra sal word na ’n nuwe een. Hy het wel gesê dat gebruikers “onderbrekings” kan verwag.

Which? het egter bevind dat die app al vier weke lank “onderbreek” word.

Jawbone was einde Mei laas aktief op Twitter en gebruikers se verskeie klagtes op sy profiel is tot dusver onbeantwoord gelaat. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!