Gewilde Xtrail begin by Avisdam
Veldlope
Tielman van Lill – Die eerste van vier Standard Bank Xtrail veldloopbyeenkomste spring môreoggend vanaf kwart oor sewe by die Avisdam weg waar deelnemers die keuse het om die 7 kilometer of 16 km roete te draf of te stap.
OTB Sport, organiseerders van die reeks, sê: “Weens die huidige maatreëls teen Covid-19 sal die byeenkoms anders as in die verlede plaasvind.
“Deelnemers aan die 16 km kan enige tyd tussen 07:15 en 09:00 wegspring, terwyl ywerige atlete vanaf 08:00 en enige tyd tot 10:00 hul aanslag op die 7 km kan begin. Ons het voorsiening gemaak om elkeen se individuele tyd te kan meet.
VEILIGHEID TEL
“Drawwers kan saam in klein groepies wegspring, maar veiligheid kom eerste vir elke mededinger. Daar sal geen prysuitdeling ná die byeenkoms wees nie. Wenners sal volgende week hul pryse by OTB Sport by die Craft Centre kan gaan afhaal.”
Die tweede byeenkoms in die reeks vind op Sondag 16 Augustus by die Midgard Country Estate plaas.
Op Sondag 13 September kom die K-H Xtrail-uitdaging in die Khomas Hochland aan die beurt, terwyl die vierde en laaste Dunes Xtrail vir 24 Oktober by Swakopmund beplan word. Vanweë die onsekerheid of beperkings in die Erongostreek dan opgehef sal wees, kan die organiseerders nie met sekerheid bevestig dat dié kompetisie wel in Oktober sal plaasvind nie.
“OTB Sport bedank Standard Bank hartlik vir hul vrygewige steun wat vir die vyfde opeenvolgende jaar wys waar hul passie lê.
“Danksy Standard Bank het veldlope die afgelope paar jaar gegroei en in gewildheid toegeneem,” het OTB Sport gesê.
Verlede jaar het meer as 450 deelnemers vir die Avis Xtrail ingeskryf. In die 16 km-afdeling het Risa Dreyer die elite vroueresies voor Stephanie Roland weggeraap, terwyl Daniel Tauntunyenge die elite mans oorheers het.
By die 7 km-seksie was die elite vrouewenner Tuna Amutenya en by die mans Thomas Shigweda.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie