Gewonde verdagte sterk goed aan
Gewonde verdagte sterk goed aan

Gewonde verdagte sterk goed aan

’n Klag van poging tot moord is teen ’n polisieman aanhangig gemaak na hy 'n vermeende veedief geskiet het.
Estelle de Bruyn
Mnr. Alexander Muariani (33), wat deur die polisie geskiet is terwyl hy gevlug het ná klagte van veediefstal in die Omahekestreek, sterk goed aan.

Muariani, wat tans in Windhoek se sentrale hospitaal is, het borgtog gekry vir die beweerde diefstal van twee beeste ter waarde van N$14 000 verlede jaar in Epukiro, sonder om enige hofverrigtinge by te woon.

Kommissaris Josephat Abel, streeksbevelvoerder van die polisie in die Omahekestreek, het aan Nampa gesê ‘n polisiebeampte het vir Muariani se bene gemik, maar het hom in sy maag getref.

Drie polisiebeamptes was besig met ‘n veediefstal-ondersoek toe hulle Muariani op ‘n perd by die Omipanda-veepos in die omgewing van Epukiro gesien het.

Abel sê die beamptes het met inwoners van Omipanda gesels toe die verdagte hulle gewaar het, van die perd afgespring het, en weggehardloop het om in die bosse te gaan wegkruip.

Die polisie het voorgegee dat hulle wegry, maar het na ongeveer 800 m gestop en uit die voertuig geklim om na Muariani te soek.

Abel sê die polisie het die verdagte uiteindelik opgespoor, maar moes agter hom aanjaag omdat hy aanhou hardloop het - ondanks versoeke om te stop.

Sewe waarskuwingskote het nie daarin geslaag om hom tot stilstand te bring nie.

Abel sê die polisiebeampte wat Muariani raakgeskiet het, het vir sy bene gemik, maar omdat hy gehardloop het, is hy in die maag gewond.

Muariani het toe geval, is in hegtenis geneem en is dadelik na die Epukiro-kliniek vervoer. Hy is later na die Gobabis-staatshospitaal oorgeplaas en die volgende dag na Windhoek se sentrale hospitaal geneem.

Nog ’n klag van veediefstal en een van huisbraak is ook teen hom aanhangig gemaak.

‘n Klag van poging tot moord is teen die polisiebeampte aanhangig gemaak wat die verdagte geskiet het, en ‘n interne ondersoek is van stapel gestuur. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!