Ghaddafi se seun vrygelaat
Saif al-Islam Ghaddafi (44), die tweede seun van die ontslape Libiese leier Muammar Ghaddafi, is vrygelaat, wat moontlik petrol op die vuur van onstabiliteit in die land kan wees.
Saif al-Islam, een van Muammar se agt kinders en sy keuse vir 'n opvolger, is die afgelope ses jaar deur 'n militante groep in die dorp Zintan aangehou, berig die BBC.
Hy is in November 2011 gevange geneem toe hy gevlug het nadat opposisievegters die hoofstad Tripoli oorgeneem het.
Die konserwatiewe groep Abu Bakr al-Siddiq Battalion sê hy is Saterdag vrygelaat, maar het nog nie in die openbaar verskyn nie. In plaaslike berigte word bespiegel dat hy moontlik in die stad Bayda by familie is.
Die groep sê hy het op 'n versoek van die “tussentydse regering” opgetree.
Die regering, wat in die ooste van die land gebaseer is, het reeds aan Saif al-Islam amnestie toegestaan.
Hy is egter in 2015 in sy afwesigheid deur 'n hof in Tripoli, in die weste van die land, tot die dood veroordeel tydens 'n massaverhoor van Muammar se voormalige regeringsamptenare.
In hierdie deel van die land is die beheer in die hande van die regering van nasionale eendrag wat deur die Verenigde Nasies gesteun word.
Vorige berigte oor Saif al-Islam se vrylating was vals. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie