Gholfklubs bly heeltyd bedrywig
Gholf
Die Namibiese Amateur Vrouegholfunie het verlede naweek die jaarlikse Shoprite Checkers gemengde beterbalkompetisie by die Omeya-baan aangebied.
Die toernooi is altyd 'n hoogtepunt op die vrouekalender. Brenda Lens en 'n baie talentvolle 15-jarige junior, Bernard Slabbert, is as die kampioenpaar van die Shoprite Checkers beterbal stableford bekroon, nadat hulle Anecia Le Grange en Eric Verburg met een punt geklop het.
Die kampioenskap was 'n reuse-sukse met 24 pare wat ingeskryf het. Dan Zwiebel en Jaco van Reenen en die res van Omeya gholfklub se span gaan altyd uit hul pad om die spelers baie welkom in die pragtige omgewing en uitstekende baan te laat voel.
Die Namibiese Vrouegholfunie bedank Shoprite Checkers vir hul steun en goedhartigheid met die ontwikkeling van die vrouespel.
Die uitslae:
1 Brenda Lens en Bernard Slabbert, 47 punte.
2 Anecia Le Grange en Eric Verburg, 46 punte.
3 Mary-Ann Boltmann en Jurie Engelbrecht, 45 punte.
4 Adri Pienaar en Schalk Pienaar.
5 Wilna Bredenhann en Flip Bredenhann.
BOTSWANA VROUE OPE
Spelers van Namibië, Zimbabwe en Zambië onlangs weer aan die Botswana Ope vroue gholfkampioenskap in Gaborone deelgeneem. Dit was 'n goed georganiseerde toernooi wat deur almal geniet is. Namibië se sewe vroue het hulle oor die twee dae goed van hul taak gekwyt.
Die baan was in 'n puik toestand met vinnige setperke, maar hitte en wind deur die loop van die dag het sake vir die spelers bemoeilik.
Caro Els, die Swakopmunder wat tans in die VSA studeer, het haar titel van 2016 gaan verdedig. In die A-afdeling het Caro dag 1 met 'n agterstand van een hou afgesluit met Wilna Bredenhann ses houe agter die voorloper, M. Motsha van Botswana (77 bruto).
Op dag 2 het Caro en Wilna hul bes probeer, maar dit was nie genoeg nie en Botswana se Motsha wen met ses houe. In die B-afdeling het Angie Lohmann dag merkwaardig verbeter om vanaf die eerste dag se 12de plek derde in haar afdeling klaar te maak.
Die Namibiërs bedank Minkie Molatimegi en haar span vir hul gasvryheid en beskou volgende jaar se Botswana Ope as 'n toernooi wat hulle beslis nie sal misloop nie.
WINDHOEK VROUE OPE
Die Windhoek Vroue Ope-toernooi is onlangs by die Windhoek Buiteklub aangebied en is deur Auas Motors geborg.
Erg winderige toestande het spel oor die twee dae baie bemoeilik.
Vir die eerste keer in 'n lang tyd het twee spelers (Brenda Lens en Ruanda de Beer) ná twee dae met dieselfde houetotaal boaan geëindig en 'n uitspeel was nodig.
In 'n naelbyt finaal het Brenda Lens as die algehele wenner uit die stryd getree.
Die wenners in die A-afdeling was Ruanda de Beer (bruto) en Adri Pienaar (netto); B-afdeling Hansina Hinda (bruto) en wenner Loide Ngenokeshu (netto); C-afdeling Jane Liebenberg eerste, Evelyn Paulino tweede en Sylvia Hengari derde.
In die Windhoek Lager uitdunrondte was Ruanda de Beer die wenner met 39 punte. Namibiese vrouegholf bedank Auas Motors vir die ruimhartige borgskap.
TSUMEB OPE
Tsumeb gholfklub bied môre die gewilde Distell Tsumeb Ope-toernooi aan. 'n Vol veld word verwag insluitend die verdedigende kampioen Thomas Hailonga.
Die baan is in 'n baie goeie toestand met 'n paar verbeteringe wat aangebring is sedert 2016 se toernooi, insluitend nuwe afslaanbowwe. Die toernooi word vir etlike jare al deur Distell en verskeie ander borge ondersteun.
Afslaantye kan vandag vanaf 12:00 by die klubhuis se kennisgewingbord verkry word.
WINDHOEK BUITEKLUB
September se maandelikse toernooi in die Windhoek Lager Monthly Medley-reeks vind môre by die baan van die Windhoek Buiteklub plaas.
Die afslaantye vanaf die eerste bof is:
11:00 W Lohmann, J van Wyk, C Lohmann.
11:10 S Matheus, W Triegaardt, Melt van Schoor, M Kapelwasha,
11:30 G Jung, S van Niekerk, H van Niekerk.
11:40 B Slabbert, A Smit, G Vink, Wilfried Emvula.
Tiende bof 11:20 H Villet, T Saunderson, S Engelbrecht, I Suze.
RACE TO OMEYA
Alles is gereed vir die vierde en finale rondte van die AfricaOnline Race to Omeya Members Cup-reeks.
Na afsluiting van die reeks sal die twee uitsoekspanne (Huiseienaars teen Klublede) komende Woensdag bekend gemaak word en dus is môre se toernooi vir sommige aanspraakmakers nog van deurslaggewende belang. Sommiges sal beter as hul voorgee moet speel om 'n plek in die span te verseker.
Die spanne se aankondiging behoort Woensdag op die Facebook-blad (Omeya Golf Club) gedoen te word.
Die bestuur van Omeya gholfklub bedank Marc Gregan en sy span by AfricaOnline vir hul volgehoue steun oor die afgelope vier jaar.
Die afslaantye vir môre by die eerste bof:
08:30 N Groenewald (jnr), L Dreyer, M Burger , R Verburg.
08:40 R Schwartz, Gielie van Wyk, J Knoetze, J Muller.
08:50 L Beukes, D Zwiebel, W Prinsloo, W Krugel.
09:00 J Labuschagne, R Liebenberg, G Wise, E Wessels.
09:10 E Lofty-Eaton, J Steyn, S Smith, E Verburg.
09:20 S Venter, L Underhill, B Erasmus, J van den Heever.
09:30 E Nitschke, J van Reenen, S van der Merwe, E Marais.
09:40 N Groenewald (snr), A Vermeulen, J Steenkamp, H Steytler.
09:50 G Howard, T Nel, X Erasmus, R Beukes.
10:00 A Kuhn, F van Straten, P Johns, A Muller (snr).
Tiende bof
08:30 J Liebenberg, S Vermeulen, A Wessels, E Steyn.
08:40 G de Wet, J Theron, B Buitendag, E van der Walt.
08:50 N Dinath, A Rowles, A van Wyk, R Joseph.
09:00 J Bruwer, I Wait, M Gregan, G Lambert.
09:10 P Verburg (snr), P Verburg (jnr), D Winter, M Reiter.
09:20 J Husselman, Gerbie van Wyk, G de Klerk, D Malan.
09:30 A Britz, A Beukes, E Koopman, R Blaauw.
09:40 L Lumley, G Lumley, R Kuhn, J Barnard.
09:50 S Basson, M Shoozi, P van Niekerk, H Mouton.
10:00 L du Pisani, Z du Pisani, A Muller (jnr), C Sachse.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie