Gholfklubs bly naweke bedrywig

Gholf
Die Windhoek Buiteklub het laas naweek die STAG (Society of Tuesday & Thursday Afternoon Golfers) se tweede gholfkompetisie geborg deur NamibRe aangebied.

Altesame 32 spelers het op die warm wintersdag saamgespeel. Die gholfbaan is terselfdertyd gedeel met die Windhoek Junior Open (36 spelers) en die Sages se nasionale kampioenskap (43 spelers).

Die formaat was “betterball stableford with a twist”, naamlik dat elke span se tellings op syfer 3-putjies vermenigvuldig, eerder as bymekaar getel is.

Die voorste uitslae was soos volg:

1 Jan van Wyk en Coen van Graan (49, uittel)

2 Corneels Jafta en Raj Rallan (49)

3 Gavin van Wyk en Claud Abrahams (46)

4 Evelyn Paulino en Lisa Johnson (45, uittel)

5 Sakkie Matheus en Chris Claassen (45)

Twee pryse vir die hou naaste aan die pen is ingepalm deur Michael Hoeseb (putjie 9) en Stanley Gawanab (putjie 17). Die langste dryfhoue is deur Danie van Schoor (putjie 11) en Marco Vollgraaff (putjie 17) geslaan.

• Môre bied die klub die eerste keer in die geskiedenis 'n nasionale Mashie-toernooi aan, geborg deur Momentum.

Die klub se Mashie-baan is gewild as 'n manier vir spelers wat minder tyd beskikbaar het, om 'n vinnige nege putjies (maksimum syfer 3 putjies) te speel. Dit bied ook goeie oefening om jou kort spel te verbeter.

Laat inskrywings kan nog by die Pro-shop gedoen word. Die afslaantye sover is: 10:50 W Triegaardt, D du Plessis, M du Plessis. 11:00 F Oosthuizen, W Bredenhann, C Dodds. 11:10 H Hinda, G Jung, B Damon. 11:20 G Vink, K Gardiner, G van Rooyen. 11:30 G van Wyk, R Rallan, B Britten. 11:40 C Beuke, W Louw, P Grobler. 11:50 W van Vuuren, J Baard, S van der Merwe, J Vermeulen.



OKAHANDJA

Die Okahandja Winter Classic gholfdag word môre by die dorp se gholfklub aangebied. Die formaat is vierbal-alliansie met “scramble drive” en elke span se twee beste tellings wat aangeteken word.

Die afslaantye:

09:00 Span Heinie Prinsloo. 09:15 Span Louis Jordaan. 09:30 Span Sammy Joubert. 09:45 Span Freddie Koch. 10:00 Span Dirk Steenkamp. 10:15 Span Gert Liebenberg. 10:30 Span Johan Joubert. 10:45 Span Deon van Dyk. 11:00 Span Hendrik Malan. 11:15 Span Johan van der Westhuizen. 11:30 Span Gerhard Byleveld. 11:45 Span Theo Redelinghuis. 12:00 Span Gerhard de Bruin.

Verversings sal vanaf 08:30 tot 15:00 te koop wees. Tydens die prysuitdeling omstreeks 18:30 sal items opgeveil word, insluitend 'n gholfkar­sleepwa. Etekaartjies teen N$130 vir gades en gaste is by die gholfbaan beskikbaar. Die aand word afgesluit met musiek deur die Two Hats Orkes.



OMEYA

Die klub het laas Saterdag rondte 7 van die AfricaOnline Race to Omeya-reeks aangebied.

Die wenner Greg Wise (39 punte) het net-net voor Herman Steytler (38) en die derde geplaaste Gielie van Wyk (37) ­klaargemaak, met Shaun Smith (37) in die vierde posisie.

Daar was ook 'n prys vir Nieuwoudt Hendrikse se hou wat naaste aan die pen geëindig het.

• Vrydag het Omeya se syfer 3-kompetisie geborg deur FloorWorld vier spelers opgelewer wat boaan met ewe veel punte geëindig het.

Heinz Gilge het net op grond van uittel die eerste posisie bo Johan Husselmann, Duan Jansen en Ernie Wessels (in dié volgorde) opgeraap, nadat hulle al vier met 18 punte klaargemaak het.

Vyfde was Hennie du Plessis met 17 punte, terwyl Abrie van Wyk die prys ingepalm het vir die hou naaste aan die pen op putjie 6.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!