Gholflandgoed in Eros steeds in vooruitsig
Catherine Sasman - Nuwe tydsraamwerke is deur die Windhoekse stadsraad aan die Eros Valley Property Development Company (Pty) Ltd (EVD) toegestaan om dokumente in te handig vir die ontwikkeling van nóg 'n gholflandgoed vir die stad.
‘n Raadsvergadering op 28 April het besluit op ‘n byvoegsel tot die oorspronklike ooreenkoms wat in 2012 gesluit is om die nuwe tydraamwerke te weerspieël.
Ingevolge hiervan moet ‘n tegniese voorlegging in Junie voltooi word en die dorpsbeplanning van die landgoed moet tussen 1 Julie en 31 Augustus 2017 goedgekeur word.
Die stadsraad het egter gesê geen verdere uitstel sal goedgekeur word nie en versuim om die dokumente binne die gespesifiseerde tydsraamwerk te voltooi, sal lei tot die kansellasie van die oorspronklike ooreenkoms.
Ingevolge die ooreenkoms was die insetprys vir die 255 hektaar grond N$33,6 miljoen. Dié bedrag is ook nou onderhewig aan ‘n hersiening.
Die konsortium onder die bestuur van bekende sakelui mnre. Sydney Martin, Desmond Amunyela, Lazarus Jacobs en Frankie Fredericks, het reeds ‘n onverhaalbare 10%, of N$3,6 miljoen, van die insetprys betaal.
“Ons is nie bekommerd dat ons nie die nuwe spertye sal haal nie; ons is 99,9% daar,” het Martin, die voorsitter van die konsortium, gister gesê.
Volgens hom is die vertragings aan die projek meegebring omdat die munisipaliteit aangedring het op ‘n herontwerp van die oorspronklike planne wat aan die stad voorgelê is.
Goedkeuring vir ontwikkeling van die grond vir die gholflandgoed in die Eros-heuwels, op gedeeltes 13/9 en 14 van Plaas Eros No. 69, is in 2012 aan die konsortium gegee onder die munisipaliteit se sogenaamde beleid vir spesiale projekte wat in 2006 ingestel is.
Volgens die munisipaliteit is hierdie beleid ingestel om kommersiële ontwikkelaars toe te laat om grond by wyse van private verdrag te koop vir die “optimale gebruik” van grond as ‘n skaars kommoditeit.
Martin het gesê die projek behels ‘n 18 putjie-gholfbaan van internasionale standaard en 460 luukse wooneenhede.
Volgens notules van die stadsraad is die nuwe plan vir die gholfbaan egter “nie meer van kampioenstatus nie”, maar is nou “meer ‘n plaaslike gholfbaan binne ‘n residensiële omgewing”.
Die notules dui ook aan dat die hersiene uitleg van die residensiële gebied van die oorspronklike planne verskil. Dit is blykbaar nou nie meer enkelwoonbuurte langs rante geleë nie, maar eerder “groeperings” (clusters) met verskillende eienskappe en digthede.
“Die terrein is baie bergagtig,” het Martin gesê van die aard van die ontwerp. “Jy sal nie glo waar ons beplan om te bou nie.”
Sedert die goedkeuring van die projek in 2012 was die EVDC 24 maande gegee om onder meer die dorpsbeplanning en ander prosedures te voltooi.
Nadat EVDC vir uitstel gevra het, was dit ‘n verdere 18 maande toegestaan.
Nadat hierdie tydperk in November verlede jaar verstryk het, het die konsortium vir nóg uitstel gevra om onder meer kosteberamings van padwerke en dienste vir die dorpsbeplanning, die finansiële volhoubaarheid van die projek asook finale aanpassings aan die uitleg van die gholfbaan en ander ontwerpe te voltooi.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie