Gideon beklink sy Rio-posisie
Gideon beklink sy Rio-posisie

Gideon beklink sy Rio-posisie

Andrew Poolman
Gideon Nasilowski se spesiale uitnodiging om vanjaar aan die 2016 Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro deel te neem, is vandeesweek uiteindelik bevestig.
Die gestremde swemmer van Namibië sal in die S2-klas se 50 meter vryslag meeding. Die “Amphibian Namibian” se plek is toegeken op grond van sy deelnames aan die Internasionale Paralimpiese Komitee se vernaamste internasionale swemkampioenskappe oor die laaste vier jaar. Nasilowski se insluiting beteken dat Namibië vir die eerste keer in ’n derde sportkode by die Paralimpiese Spele verteenwoordig sal wees – benewens 14 baan- en veldatlete en die kragopteller Ruben Soroseb. Nadat ’n vroeër kennisgewing oor Nasilowski se uitnodiging voortydig aan die media bekend gemaak en toe weer teruggetrek is, het die amptelike bekendmaking intussen van die Namibiese Paralimpiese Komtee se sekretaris-generaal, mnr. Mike Hamukwaya, gekom.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!