Gideon Sam se Spele-wens: 15 medaljes
Olimpiese Spele
Vyftien medaljes, asseblief! Dít sal die pleidooi van die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) aan sy atlete wees wanneer hulle in 2020 na Tokio vir die Olimpiese Spele vertrek.
Sport24 berig dat die Saskok-president, Gideon Sam, Maandag dié ambisieuse teiken op ’n geselligheid vir die Suid-Afrikaanse medaljewenners op die onlangse Statebondspele gestel het.
Dis Suid-Afrikaanse span se medaljetotaal op die vorige Olimpiese Spele in Rio de Janeiro was tien. Hiervan was twee goud, ses silwer en twee brons.
Suid-Afrika kon nog nooit meer as tien medaljes op ’n enkele Olimpiese Spele wen nie, maar met die land se atletiek wat na ongekende hoogtes snel, nuwe hoop vir Suid-Afrikaanse swem danksy die blink Statebond-vertonings van veral Chad le Clos, Cameron van der Burgh en Tatjana Schoenmaker en die land se roeiers steeds onder die beste ter wêreld, is Sam se optimisme oor 2020 nie ’n groot verrassing nie.
Suid-Afrika se atlete het teruggekom van die Statebondspele in Australië met 37 medaljes: 13 goud, 11 silwer en 13 brons.
Sam en die minister van sport, Tokozile Xasa, het Maandag tjeks aan die medaljewenners en hul afrigters oorhandig.
Elke gouemedaljewenner het R50 000 ontvang, en sy of haar afrigter R12 500. Vir silwer is R25 000 aan die atleet en R7 500 aan die afrigter gegee, en vir brons onderskeidelik R15 000 en R5 000. In totaal is R1,43 miljoen uitbetaal.
Le Clos, wat huis toe gekom het met drie goue, ’n silwer- en ’n bronsmedalje, het die vetste tjek van almal gekry.
• Sam het ook Maandag se geleentheid gebruik om uit te vaar teen die sokkerboewe wat Saterdag in die Moses Mabhida-stadion in Durban ná Kaizer Chiefs se nederlaag teen Free State Stars moles gemaak het.
“Sport is veronderstel om mededingend te wees, en ’n gees van kameraderie moet te alle tye behou word. Selfs as jou span verloor, is dit geen verskoning om jou frustrasie op ander se eiendom uit te haal nie,” het Sam gesê.
“Watter voorbeeld stel dit aan die volgende generasie? Belangriker, wat dink die wêreld van sulke ongepoetste gedrag?
“Hierdie Maandag vier die reënboognasie die swaarverdiende medaljes wat die Suid-Afrikaanse span op die Statebondspele gewen het. Hierdie atlete verdien nie dat hierdie tipe gedrag hul prestasies oorskadu nie.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie