Gids vir toekomstige teaterpraktisyns
Gids vir toekomstige teaterpraktisyns

Gids vir toekomstige teaterpraktisyns

Yandi Du Plessis
Die Nasionale Teater (NTN) stel ’n spesiale aanlyn publikasie, Theatre Practices and Business in Namibia Reader 2021, op 30 Augustus bekend.

Dié publikasie is ’n samestelling van die perspektiewe van 18 praktisyns in die Namibiese teater- en kreatiewe bedryf, en bied insig oor hoe opkomende teaterkunstenaars die land se teaterpraktyke op ’n volhoubare wyse kan benader.

Met die hulp van onderhoude en geskrewe segmente bevat dit ’n oorsig van regte ervarings in en rakende die plaaslike teateromgewing.

Die publikasie werp lig op die beskikbare geleenthede vir drama-graduandi, verduidelik die lewensvatbaarheid en gebruik van vaardighede om storie te vertel en maak aanbevelings oor artistieke toepassings vir alternatiewe bedrywe en nywerhede in Namibië.

Die bydraes dek uiteenlopende gebiede soos kunste-administrasie, werk as ’n vervaardiger, professionalisme en etiket, outeursreg en bemarking, leemtes in die bedryf, storievertelling in verkope en advertensies, bestuur in die kultuurbedryf sowel as loopbane in die korporatiewe, welsyns-, navorsings- en onderwysbedrywe.

Die aanlyn publikasie, wat gemik is op opkomende kunstenaars en studente in die teaterpraktyk, het ten doel om noodsaaklike inligting te verskaf vir professionele ontwikkeling, loopbaankeuses en die toepassing daarvan oor verskeie sektore.

Professionele kunstenaars, kuns- en kultuurinstellings, media en diegene in die onderwysbedryf, word aangemoedig om die publikasie wyd te versprei ten bate van die toekomstige generasie van besigheidsgerigte teaterpraktisyns en -werkers.

Theatre Practices and Business in Namibia Reader 2021 sal gratis op die NTN se webtuiste (www.ntn.org.na) vir 24 maande beskikbaar wees.

Vir meer inligting, kontak [email protected] of 061 374 400.

GRYSBLOKKIE

Die bydraes sluit in:

1. Hazel Hinda: Working as a versatile performer between theatre and corporate spaces

2. Girley Jazama: Developing networks as an actor (regional and international market): Opportunity waits for no one

3. Kulan Ganes: Developing a career as a make-up and wardrobe professional

4. Fellemon Ndongo: Developing a career in stage management for the events industry

5. Ndinomholo Ndilula: Opportunities for creative entrepreneurship in digitalising theatre practices in Namibia

6. ibuynam: Monetising your digital content

7. Sandy Rudd: Working as a producer for the cultural and creative sector in Namibia

8. Veronique Mensah: Running independent production companies: Opportunities in Namibia

9. Zelrine Verdoes: Running a performing arts training studio

10. Lavinia Kapewasha: Considering a career in arts administration

11. Michelle Namases: Considering a career in arts programming

12. Dr Laurinda Olivier Sampson: Theatre in the corporate space: Theatre and communications

13. Betty Sibeso: Building a strong online presence for your brand

14. Trixie Munyama: Preparing artistic works for festivals

15. Sepiso Mwange: Developing a career in educational theatre

16. Sven-Eric Muller: Dance and movement applications in the wellness sector

17. Victoria Sanyime: Using storytelling skills in the advertising sector

18. Patrick Sam: Towards policy design and structural support for the creative and cultural sector in Namibia

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!