Gif in diu00e9 spuit
Gif in diu00e9 spuit

Gif in dié spuit

Dani Booysen
'n Mens wil nooit die oordeel vooruit loop wat die regbank toekom nie, maar volgens indrukke het aptekers 'n goeie kans op sukses in sy hofstryd oor strenger reëls wat sekere algemene medikasie betref.

Administratiewe geregtigheid is een van die belangrike redes hoekom die regering al male sonder tal sedert 1990 hof toe gesleep is. Verskeie van die besluite was in aansoekers se guns.

Tydens besluitneming moet alle belanghebbendes 'n redelike kans hê om hul saak te stel voordat nuwe wette, wetswysigings, asook nuwe reëls en regulasies aanvaar word. Dit is 'n sleutelbeginsel in die grondwetlike demokrasie. Een waarby besluite staan of val.

Aptekers betreur in die ­hangende regsgeding die impak van die grootskaalse herskedulering van sekere medisyne op verbruikers en die gesondheidsbedryf in die algemeen. Voorskrifte is al geruime tyd nodig vir alle medisyne wat kodeïen bevat, maar feitlik alle inspuitings word ook geraak – selfs van vitamiene en water. Ook pynwerende sportpleisters is nou moeiliker bekombaar.

Goeie beheer is nodig oor moontlik verslawende middels, maar toegang tot medisyne vir pasiënte wat dit benodig, behoort nie deur bykomende kostes en rompslomp bemoeilik te word nie.

Opvoeding vir selfdiagnosering en selfbehandeling word wêreldwyd belangriker, veral waar toegang tot mediese dienste beperk is. Drakoniese, onnodige regulering bemoeilik sulke vernuwings.

Die beslissing in die geding gaan belangrik wees.



So sê ander

17 September 2019



Beeld, Die Burger en Volksblad sê



Onder ANC bly misdaad ons deel



Soos papier, is statistiek geduldig. Maar geen beeldpoetser kan Suid-Afrika se jongste misdaadstatistieke regdokter nie.

Die statistieke, wat telkens vae persentasies is waarmee gegoël word, bevestig wat elke Suid-Afrikaner weet: dat ons woon in 'n gewelddadige land waar misdaad dreig om oor te neem en die regering sy greep op reg en orde verloor.

'n Ysingwekkende realiteit is dat sedert 1994 sowat 500 000 mense in die land vermoor en byna 'n miljoen verkrag is. Dié som is nie deur die polisie uitgewys nie, maar deur die Suid-Afrikaan-se Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV), wat syfers bymekaar getel het.

Dit staaf dat moord op onskuldige slagoffers alledaags geword het. Van die Kaapse Vlakte tot plase; in stede, dorpe en townships, oral word mense afgemaai.

Gewis leef ons in 'n land waar abnormale geweld normaal is en elk 'n potensiële slagoffer is.

Misdaad is 'n simptoom van werkloosheid, armoede en verval onder 'n swak ANC-regering wat sy plig versaak en eie belang dien.

Die verpolitisering van die polisie op hoë vlak vererger sake. Dit gaan meer as net 'n beter polisiemag verg om misdaad in die kiem te smoor.

Maatskaplik-ekonomiese herstel gaan 'n tydsame en nooit voltooide proses wees. Onder 'n ANC-regering bly misdaad in Suid-Afrika ons deel.

• VOLKSBLAD (NETWERK24)

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!