Gif, plaagdoders bedreig aasvoëls
'n Publikasie gee meer inligting oor van die algemene veeartsenymiddels wat op vee- en wildplase gebruik word en aasvoëls bedreig.
Francoise Steynberg - Die grootste bedreiging tans vir aasvoëls in Namibië en wêreldwyd is hul blootstelling aan karkasse wat met gif of plaagdoders besmet is.
"Alhoewel plaagdoders die grootste sondaar is en waarskynlik eerder 'n doelbewuste as toevallige optrede is, kan 'n aantal farmaseutiese produkte ook karkasse besmet en gevaarlik vir aasvoëls wees," sê me. Liz Komen van die Namibia Animal Rehabilitation Research and Education Centre (Narrec) buite Windhoek.
Sy sê die meeste verantwoordelike boere sal nie 'n karkas met gif of plaagdoder besmet nie, maar daar is nie genoeg inligting beskikbaar oor hoe gevaarlik karkasse vir aasvoëls is nadat sekere veeartsenyprodukte gebruik is nie.
Daarom is daar 'n nuwe publikasie beskikbaar om inligting te gee oor hoe om karkasse vir die veilige voeding van aasvoëls te bestuur.
Volgens Komen word alle aasvoëlspesies in Namibië deur menslike optrede bedreig. Dit sluit in om met hul neste te peuter, die aasvoëls met kraglyne of -torings bots en doodgeskok word en daar is selfs sterftes weens padongelukke.
"Namibië se ergste katastrofe was toe meer as 500 aasvoëls weens 'n besmette olifantkarkas gevrek het. Dit het vir 'n wêreldwye ingryping gevra," sê Komen.
In September is die karkasse van drie aasvoëls, twee koedoes, een bobbejaan, een sebra en ’n jakkals op 'n plaas in die Omarruru-distrk ontdek. Die woordvoerder van die ministerie van die omgewig en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, het toe gesê daar is groot kommer oor die water in ’n krip op die plaas wat met Carbamate vergiftig is.
SEKONDêRE SLAGOFFER
"Volgens die meeste inligting oor aasvoëlsterftes beskikbaar, gebeur dit weens hul blootstelling aan plaagdoders wanneer die voëls 'n sekondêre slagoffer is van 'n boer se pogings om roofdiere te vergiftig," sê Komen.
Sy meen beide wettige en nie-wettige blootstelling aan gif en plaagdoders gebeur op elke vasteland waar aasvoëls is.
"Die ware impak en die akkurate sterftesfyers bly onbekend aangesien baie voëls nie op die toneel van vergiftiging vrek nie, maar elders in die veld."
Wat volgens Komen wel bekend is, is dat die mees gebruikte plaagdoder in opsetlike vergiftiging Carbamate en organofosforverbindings is.
"Hierdie plaagdoders word sonder etikette (off-label) gebruik, wat op sigself 'n onwettige daad is selfs voor die dood van bedreigde spesies."
Komen sê karkasse met hierdie uiters giftige stowwe kan groot vergiftigingsvoorvalle veroorsaak met 'n groot aantal sterftes op plase asook in beskermde gebiede.
"Ons moet 'n kombinasie van maatreëls instel soos die verbod op sekere plaagdoders, asook die beheer van die aankoop van chemikalië. Omgewingsinligting en bewusmaking oor die omvang van die skade en die implementering van die wetgewing en beleide rakende die hantering en berging van gifstowwe is nodig," maan sy.
Komen meen die verwydering van verouderde voorrade op plase sal help, aangesien giftige stowwe maklik in kriminele hande kan beland.
Oor die jare heen is berig oor die gevare van gifstowwe, asook oor boere en stropers wat dit gebruik om waterpunte of karkasse te besmet.
Komen sê meer bewusmaking moet geskep en opleiding moet aan natuurbewaarders gegee word oor hoe om 'n vergiftingvoorval te hanteer. Dit sluit in persoonlike veiligheid tydens 'n ondersoek, hoe om enige lewende diere te red, monsters vir analise te neem en die ontsmetting van die vergiftigingstoneel.
"Die nuwe publikasie bespreek hoe om veilige vleis aan aasvoëlbevolkings op plekke te gee waar hulle gereeld gevoer word," sê Komen.
"Dit bespreek veral sommige van die algemene veeartsenymiddels wat op vee- en wildplase gebruik word wn wat per abuis siektes en sterftes onder ons bedreigde aasvoëlbevolkings kan veroorsaak."
Die publikasie is by die Namibië Professionele Jagvereniging (Napha) en die Namibië Landbou-unie (NLU) beskikbaar, asook aanlyn by https://issuu.com/humanelabs/docs/vulture_management_guidelines_namibia_2019.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie