Gigaba: Lugredery het geen verskoning
Die Suid-Afrikaanse minister van finansies sê die Suid-Afrikaanse lugdiens het talle uitdagings.
Francois Williams
Die aanstelling van 'n nuwe uitvoerende hoof van die South African Airways (SAA) is maar net een stap om die lugdiens reg te ruk, sê Malusi Gigaba, minister van finansies.
In die afgelope vier jaar was daar vyf hoofde, en dit het bestuur-onstabiliteit geskep.
“Ons het al vir Monwabisi Kalawe, die vorige vas aangestelde hoof, gesê hy moet 'n lang tyd bly om stabiliteit te verseker.”
Vyuani Yarana van Vodacom is Donderdag as die sukkelende staatsbeheerde lugdiens se uitvoerende hoof aangestel.
Gigaba sê hulle wil die bestuurstruktuur in die lugdiens platter maak. 'n Handelshoof moet nog aangestel word, want die SAA doen sake in 'n bedryf waar besluite vinnig geneem moet word.
TALLE UITDAGINGS
Gigaba meen die talle uitdagings van die lugdiens hou nié net verband met 'n gebrek aan vaardighede in die topbestuur of die uitdagings van die internasionale ekonomie wat druk op passasiersverkeer plaas nie.
Alle ander lugdienste het dieselfde uitdagings, so die SAA het nie 'n verskoning nie, sê hy.
Maar ander dinge dieper in die lugdiens se bestuur moet verbeter, soos IT-stelsels wat vinniger moet kan reageer op veranderinge en die roete-netwerk wat geoptimaliseer moet word.
Volgens Gigaba moet die produktiwiteit van die SAA se vlieëniers en hul vergoedingstruktuur vergelyk word met lugdienste van soortgelyke grootte.
Gigaba het voor die parlement se gekose komitee oor finansies gepraat, met Dudu Myeni, voorsitter van die SAA, en van die lugdiens se bankiers ook in die vergadering.
Gigaba sê die SAA se kontantvloeiprobleme en “likiditeit-uitdagings” hoef nie so ingewikkeld te wees nie. Daar is “laaghangende vrugte wat gepluk kan word”, wat met die mediumtermynbegrotingsraamwerk in Oktober aangekondig sal word.
Vroeër het die tesourie gesê sekere nie-strategiese staatsbates gaan verkoop word om die SAL te herkapitaliseer.
GELD VAS IN ANGOLA
Gigaba sê daar is geld wat aan die SAA behoort wat in Angola vasgekeer is, en hy is in gesprek met die Angolese owerhede om die geld terug te kry. Angola skuld US$60 miljoen aan die SAA, en het reeds US$5 miljoen daarvan terugbetaal.
'n Korporatiewe omdraaiplan vir die SAA is einde Julie in die parlement ter tafel gelê.
Gigaba sê dis 'n verleentheid dat die probleme by die SAA nie gouer en vroeër uitgesorteer is nie, want “dit verg nie 'n MBA-studie of doktorale tesis om die oplossings te vind nie, dit is vanselfsprekend.”
Gigaba het erken die lugdiens het ernstige korttermyn-geldprobleme. Die afgelope week is berig die lugdiens gaan dalk binnekort sukkel om salarisse te betaal.
Hy sê Suid-Afrika is een van slegs vyf lande wat nog die klousule in kopieregwetgewing het waar die opdraggewer die kopiereg kry. Suid-Afrika is in dié opsig uit pas met internasionale bestepraktyk.– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie