Gigaba-plan met doeane sneuwel vir eers
Malusi Gigaba, voormalige Suid-Afrikaanse minister van binnelandse sake en die nuwe minister van finansies, se omstrede plan dat die departement van binnelandse sake die invordering van doeane en aksyns by die Inkomstediens (SAID) oorneem, kon nie Donderdag in die parlement die groen lig kry nie omdat te min ANC-LP's vir die stemmery opgedaag het.
Pravin Gordhan, wat sterk teen die konsepwet gekant was toe hy nog minister van finansies was, was onder dié wat nie opgedaag het nie.
As die wet deurgevoer word, sal dit beteken dat die departement van binnelandse sake verantwoordelik gemaak word vir die insameling van sowat R300 miljard se belastinggeld, oftewel 30% van die land se totale belastinginkomste.
Dit regering wil 'n sentrale gesag, die Grensbestuuragentskap, vestig om die beheer van mense en goedere by grensposte te bestuur.
Dié funksies word tans deur verskeie staatsinstellings, waaronder die departemente van landbou, finansies, binnelandse sake en die weermag vervul.
Hlengiwe Mkhize, die nuwe minister van binnelandse sake, het tydens verlede week se sitting in die parlement gesê die doel van die Grensbestuuragentskap is om die naatlose vloei van goedere en mense by die land se 72 grensposte te verseker.
Die DA en die EFF het aangevoer dat binnelandse sake die R300 miljard van die SAID probeer kaap.
“Hierdie is een van die swakste stukke wetgewing wat nog ooit aan die huis voorgelê is,” het Haniff Hoosen, DA-LP, gesê. Hy het verwys na studies wat bevind het dat dit tot R22 miljard sal kos om die owerheid tot stand te bring, terwyl die weermag en ander staatsdepartemente die funksies vir R3 miljard kan verrig.
“Dit kan nie wees dat jy die mag van inkomste-invordering van die SAID na die minister van binnelandse sake verskuif nie. Dit fragmenteer inkomste-invordering,” het Floyd Shivambu, adjunkleier van die EFF, gesê.
Hy het beweer die Guptas het die ANC opdrag gegee om inkomste-invordering na binnelandse sake te verskuif.
Mkhize het gesê die invordering van doeane en aksyns sal steeds deur die SAID gedoen word.
Gordhan en Gigaba het aan die begin van die jaar oor die plan vasgesit.
Mcebisi Jonas, toe nog adjunkminister van finansies, het in 'n brief aan Lemias Mashile, voorsitter van die staande komitee oor binnelandse sake, gewaarsku die plan kan die SAID se bestaande waardeketting om belastings in te vorder fragmenteer en dat dit belastinginkomste op risiko kan plaas. -Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie