Gim-lede steeds ongelukkig

NAMPA
Mense met gim-lidmaatskap is ongelukkig oor die Namibiese Toesighoudende Owerheid vir Finansiële Instellings (Namfisa) se besluit om afslag op lidmaatskap te kanselleer.

Namfisa het verlede jaar aangekondig mediese fondse kan van 15 Desember 2017 af nie meer kortings en welstandsprogramme as deel van hul voordele aanbied nie.

In 'n onderhoud met Nampa het mnr. Brylen Beukes, bestuurder van Virgin Active Gym Operations, gister gesê dié kansellasie het as 'n verrassing gekom omdat hulle nie voor die implementering daarvan geraadpleeg is nie.

Beukes het gesê sedert die afskaffing van afslag op lidmaatskap rondom die feestyd in werking getree het, was mense nog met verlof en was daar nog geen aanduiding of gim-lede hul lidmaatskap sou kanselleer nie.

"Ek is egter oortuig daarvan dat sommige lede weens finansiële beperkings die gim-fooie nie kan bekostig nie," het Beukes bygevoeg.

Me. Gaby Ahrens, lid van Virgin Active Gym, het gesê die besluit om die korting te kanselleer, sal veroorsaak dat mense nie ‘n gesonde leefstyl kan handhaaf nie.

Hul motivering om gim toe te gaan, was juis die wete dat hulle dié uitgawe van hul mediese fonds kon verhaal.

"Ek sal nou gedwing wees om te kyk watter gimnasium koste-effektief is, net om die gesonde lewenstyl wat ek tans het, te kan voortsit," het sy gesê.

Nog 'n gim-lid, mnr. Zocks Nghikundwa, het gesê dit is onregverdig teenoor mense wat hul mediese fonds skaars vir mediese behandeling gebruik, maar eerder vir die gimnasium.

"Hoe meer mens in die gimnasium is, hoe minder is jy geneig om siek te word en hospitaal toe te gaan," het Nghikundwa gesê.

Mnr. Joel Handuba, finansiële bestuurder van Namibia Health Plan (NHP), het gesê die doel van die kortingsprogram was om kliënte aan te moedig om gesond te bly.



"Met die kansellasie daarvan beteken dit kliënte gaan 'n minder gesonde leefstyl lei en meer mediese eise instel," het hy gesê.

Handuba het verduidelik NHP betaal lede tot 80% terug by 20 gimnasiums.

Lede van NHP, Namibia Medical Care, Nammed Medical Aid, Heritage Health Namibia en Prosperity Health word deur die kansellasie van gimnasiumkortings geraak. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!