Gim-sewes beloof weer skouspel
Sewesrugby
Windhoek Gimnasium sal op 8 en 9 Maart weer die jaarlikse Capricorn-groep internasionale sewestoernooi aanbied.
Soos gebruiklik sal daar drie afdelings wees, naamlik:
• Die internasionale junior afdeling, met ses nasionale o.18-spanne insluitend Namibië, Duitsland, Suid-Afrika, Botswana en Zimbabwe;
• Die o.19 skole-afdeling, met ses plaaslike skole; en
• Die o.15 skole-afdeling, met vier o.15-spanne van plaaslike skole.
Die toernooi is in 2017 tot stand gebring as inwyding van die dag toe Windhoek Gimnasium die eerste sintetiese rugbyveld in Afrika geopen het.
Die sterk spanne van Suid-Afrika, met spelers wat reeds as toekomstige potensiële Blitsbokke uitgesoek is, het in 2017 en 2018 met die goue medaljes weggestap.
Op Vrydag 8 Maart sal toeskouers vanaf 13:00 tot 22:00 bederf word, met die amptelike openingseremonie om 19:00. Die aand sal met die tradisionele wedstryd tussen Namibië en Suid-Afrika afgesluit word.
Op die Saterdag sal die hekke van 08:00 tot 15:30 oop wees.
Heerlike kos en drankies sal gedurende die naweek te koop aangebied word, met ’n biertent vir diegene ouer as 18 en ’n speelarea vir die kleintjies. Die byeenkoms bied iets vir die hele familie.
Lekker pryse kan gewen word deur diegene wat in die sewesrugby-tradisie uitspattig geklee is.
’n Fees van sewesrugby en ’n uitstalling van belowende talent is in die vooruitsig. Kaartjies kan by Windhoek Gimnasium se administratiewe ontvangs of by die hekke gekoop word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie