Gimnasium wen aandele-uitdaging
Jeanette Diergaardt
Windhoek Gimnasium is NCIS-wenners
Hoërskool Windhoek Gimnasium het vanjaar die Namibië Skolierebeleggingsuitdaging ingepalm.
Altesaam 162 spanne van oraloor die land het die geleentheid gehad om genoteerde aandele op die NSX te verhandel nadat hulle 'n fiktiewe N$500 000 ontvang het.
Die doel is om die Namibiese jeug aan aandelemarkbeleggings bekend te stel en om kennis oor breër aspekte van kapitaalmarkbedrywighede te voorsien.
Die Geals van Windhoek Gimnasium het met die louere van die Namibië Skolierebeleggingsuitdaging (NCIS) weggestap.
Hulle het die eerste prys van N$50 000 gewen danksy hul rekordopbrengs van 30,8% op hul aanvanklike belegging, gevolg deur die Eagle Investors van die Universiteit van Namibië (Unam) met 'n opbrengs van 23,3% wat hul N$30 000 besorg het. Trading Masters het in die derde posisie geëindig, met 'n opbrengs van 16,8%, wat hulle N$20 000 gewen het. Die vierde plek het aan Edu United gegaan wat N$10 000 huis toe geneem het vir hul opbrengs van 10%, terwyl NamWealth N$5 000 gekry het vir hul opbrengs van 8,8%.
Windhoek Gimnasium se spanleier, Ané de Bruin, sê die geheim tot hul sukses was om teen die stroom te swem en hul kans op risiko’s te waag.
Volgens De Bruin het haar ouers haar probeer ompraat om op die langtermyn te belê, maar die span het daarteen besluit. “Ons het aan die werk gespring en elke dag verhandel,” sê sy.
De Bruin voeg by gebed het haar kop by haar doelwit gehou. Sy sê sy het ’n belofte aan God gemaak om haar deel van die prysgeld aan “sy mense” te gee.
“Aanhou, geloof en hoop,” raai De Bruin aan.
Die span het byna weens eksamens hul werksaamhede gestop, maar het besluit om daaglikse doelwitte vir hulself te stel.
Volgens Johene Saal, die hoofinligtingsbeampte van die Namibiese aandelebeurs (NSX), het spanwerk ‘n belangrike rol gespeel om suksesvol handel te dryf. Spanlede moes reëls volg om in die kompetisie te bly.
Reëls
Spanne kon nie uit minder as drie lede of meer as vier bestaan het nie.
Die aantal aandele wat spanne toegelaat is om te koop, is tot 100 beperk.
As spanne nie elke maand aandele verhandel het nie, kon hulle gediskwalifiseer word.
Volgens Saal het slegs 29 spanne tot die einde van die kompetisie oorleef en 119 spanne is gediskwalifiseer omdat hulle nie voortdurend aandele verhandel het nie.
Kompetisie oorsig
Vanjaar se kompetisie is die 19de wat aangebied word.
Verhandeling het op 10 Mei begin en is op 22 Oktober gestaak.
In totaal het 427 leerlinge deelgeneem, ingesluit 189 universiteitstudente van die Internasionaale Universiteit van Bestuur (IUM), die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) en Unam.
Old Mutual Namibië het prysgeld van N$115 000 in die vorm van effektetrusts geborg.
Bykomende borge sluit in, Future Media (Nova 103.5 FM), die Namibië Spaar en Beleggingsvereniging, Simonis Storm Securities, die Finansiële Geletterdheid Inisiatief, en die Internasionale Studentevereniging in ekonomiese en kommersiële dienste.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie