Gimnaste staan uit in RSA
Gimnaste staan uit in RSA

Gimnaste staan uit in RSA

Ritmiese gimnastiek
Die Namibiese Federasiespan in ritmiese gimnastiek het met altesaam 18 medaljes van die SA Gimspele teruggekeer wat onlangs deur die Suid-Afrikaanse Gimnastiekfederasie in Durban aangebied was.

Die Windhoekse Ritmiese Gimnastiekklub (WRK) se groep vir die balroetine het die beste gevaar deur stof in die oë van tien Suid-Afrikaanse balgroepe te skop en met die goue medalje weg te stap.

Namibië se medaljewenners was soos volg:

Hoëprestasievlak: Peya Kashaka (WRK) drie silwer, een brons.

Bal-groep (WRK) vier goud: Enya Burger, Ina Mai, Janke Samuelson, Lené Cloete.

Vlak 4, onder 9: Sanelle van Vuuren (Illusion-klub, Windhoek) twee brons.

Vlak 5, onder 9: Micayla Sevelus (Walvisbaai) een brons.

Vlak 5, onder 11: Ina Mai (WRK) twee silwer, een brons

Vlak 6, 15 jaar en ouer: Lourenca Samakupa (WRK) een silwer, drie brons.

Die organiseerders van die toer bedank Cymot, Air Namibia en die ouers wat dit moontlik gemaak het om aan die Spele te kon deelneem.

Kommentaar

Republikein 2025-04-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer