Gimnastiek in doolhof gedompel
Gimnastiek
Tielman van Lill
Die Namibiese Gimnastiekvereniging (NGF) is gisteroggend amptelik vir die volgende vier maande deur die Namibiese Sportkommissie (NSC) en die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee (NNOC) onder administrasie geplaas.
Nadat die NGF verlede jaar Februarie sy nuwe uitvoerende raad gekies het, het die eerste vonke ’n paar maande later met binnegevegte begin spat. Tweespalt het die beheer van dié vereniging onmoontlik gemaak en die NSC moes inderhaas ingryp om sake te beredder.
Me. Sonja Olivier, uitvoerende president, moes vir die volgende vyf jaar die NGF se leisels oorgeneem het, maar dit het gou duidelik geword dat ’n groep binne die NGF Olivier nie daar wil hê nie.
Olivier het in November 2019 in ’n verklaring die publiek en besighede teen individue gewaarsku wat namens die NGF sou optree. Volgens haar het dié individue met die goedkeuring van die NSC gimnaste gekies wat die NGF, asook Namibië by internasionale byeenkomste kan verteenwoordig.
Olivier het toe beweer die NSC is ten gunste van die groep wat die NGF onbestuurbaar maak. Dié individue het na bewering so ver gegaan om geld by die ouers en verteenwoordigers van die gimnaste te vra.
Omrede die ‘span’ nie deur die NFG goedgekeur is nie, het Olivier ouers gewaarsku om nie dit goedsmoeds te aanvaar nie.
Volgens gerugte het Olivier vroeër in 2019 van haar uitvoerende lede in die pad gesteek en met haar persoonlike keuses vervang. Die NSC het toe die Internasionale Gimnastiekvereniging (FIG) van die nuuste verwikkeling ingelig en gesê Olivier is nie by magte om met die FIG te kommunikeer nie.
Maar Olivier het nie die lede afgedank nie. Leonie Botes het self bedank terwyl ander lede volgens artikel 11.12 van die NGF-grondwet hul posisies verloor het en nie weer aangestel kan word nie.
Volgens dié klousule mag lede van die uitvoerende raad nie meer as twee agtereenvolgende vergaderings sonder ’n geldige rede misloop nie. Sy sê die lede was by verskeie amptelike ontmoetings sonder geldige redes afwesig en het daardeur hul posisies prys gegee.
Meagan Bierbach wat as visepresident (openbare betrekkinge) saam met Neville Andre (visepresident) vir Olivier as uitvoerende president van die NGF geskors het, is van die lede wat by nie minder as tien amptelike vergaderings sonder ’n geldige rede afwesig was. Dus was Bierbach en Andre nie in ’n posisie om vir Olivier te skors nie.
Die ander gewese lede is Djamel Mezianne, Sharifa Fernandes, Vesko Kostinon, Wietsa Snyman, Vaughn Ahrens, Roumiana Kostin and Petra Thorburn.
Olivier se skorsing is verlede jaar November deur mnr. Freddy Mwiya, hoofadministrateur van die NSC, bekragtig waarna sy voor ’n tugkomitee sou verskyn. Sy het egter met regstappe begin wat tans nog hangend is.
Volgens Olivier bestaan die NGF-raad tans slegs uit Selene Williams (sekretaris-generaal), Dimitar Nenkov (nasionale tegniese direkteur), dr. Nicolene Labuschagne (nasionale mediese direkteur), Juanita Kusch (aerobiese president), Dione Dichtl (artistiese president vir mans), Britt Adonis (ritmiese president), Jana Grunschloss (artistiese president vir vroue) en Valereis Geldenhuys-Venter (ere president).
Die raad van 15 lede wat op 23 Februarie gekies was: is Neville Andre (vise president), Sharifa Wentworth (vice president – finansies), Meagan Bierbach (vise president – openbare betrekkinge) en Wietsa Snyman (vise president – liaison) aan die stuur van sake.
Ander lede is: Djamel Meziane (president - artistiese gimnastiek), Shariefa Mouton (president – vroue artistiese gimnastiek), Leonie Botes (president – ritmiese gimnastiek), Vaughan Ahrens (president – springmat en tuimel), Marianne Bock (president - aerobiese gimnastiek), Selene William (sekretarisgeneraal), Vesselin Kostin (nasionale tegniese direkteur) en dr. Nicolene Labuschagne (nasionale mediese direkteur).
Volgens die verklaring wat gister deur die NSC en die NNOC uitgereik was, word beweerde wanbestuur en die NGF se geldsake asook misbruik van toerusting ondersoek. Volgens dié twee beheerligame sal die NGF intussen deur ’n komitee bestaande uit Eliphas Shipanga (voorsitter), Vivienne Katjiongua en Lesley Vermeulen bestuur word.
Die trio sal deur Marja Woortman, uitvoerende lid van die NNOC, en Chalo Chainda, skakelbeampte van die NSC, bygestaan word.
Me. Alna Similo, ondervoorsitter van die NSC, het gister in ’n gesamentlike verklaring gesê hulle het geen ander keuse as om die NGF te kniehalter nie.
“Die NSC as die hoofbeheerliggaam (Wet No. 12 van 2003) van sport in die land en die NNOC, maak hiermee bekend dat die NGF met onmiddellik effek onder administrasie geplaas word.
“Die NGF word die afgelope klompie jare deur binnegevegte en dispute gekenmerk wat die ontwikkeling en groei van atlete belemmer, en dit het die sport negatief beïnvloed.
“Dié gedrag het die NSC en die NNOC met geen ander uitweg gelaat, as om volgens artikel 28C van die sportwet op te tree nie. Daar sal ’n forensiese oudit deur ’n onafhanklike entiteit gedoen word wat deur ons aangestel sal word.
“In die lig gesien van die hangende regsgeding teen ons en ander beweringe, is die oudit nodig. Die NSC en die NNOC tree in die beste belang van gimnastiek in die land op. Ons is hier om die sportfamilie en aandeelhouers in Namibië te dien en te beskerm.
“Ons wil die klubs van ons beste belang verseker en sal hulle van die nodige inligting en verwikkelinge inlig. ’n Vergadering sal binnekort aangekondig word waar almal verteenwoordig sal word,” het sy gesê. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie