GIPF belê in gesondheidsorg
Die regering se pensioenfonds het ’n belegging in die gesondheidsorgsektor ter waarde van N$10 miljoen in die Tsumeb Privaat Hospitaal aangekondig.
Die regering se pensioenfonds (GIPF) het ’n belegging in die gesondheidsorgsektor ter waarde van N$10 miljoen in die Tsumeb Privaat Hospitaal (TPH) aangekondig, deur VPB Namibia Growth Fund.
Die belegging is drie jaar gelede in dié hospitaal gemaak wat sentraal geleë is vir pasiënte van Otavi, Grootfontein en die omgewing.
“Met die GIPF se belegging van N$10 miljoen – wat neerkom op ’n 49%-eienaarskap van TPH – was die fonds se strategiese doelwit om te verseker die hospitaal diversifiseer in ’n span spesialiste wat sal lei tot meer dienste wat by die hospitaal aangebied word,” het die GIPF se uitvoerende hoof, mnr. David Nuyoma, gesê.
TPH spruit uit die dae van die mynmaatskappy Tsumeb Corporation Limited wat in 1947 tot stand gekom het en in 1998 gelikwideer is.
Aanvanklik is die hospitaal gestig om gesondheidsdienste aan werknemers van die myn en hul gesinne te verskaf. In 1998 – ná die likwidasie – is TPH tot 2010 as Oshakati Privaat Hospitaal bestuur.
“Vandag, met die bystand van die GIPF, is die hospitaal ’n gelisensieerde verskaffer van geïntegreerde mediese dienste wat wissel van ’n nood- en intensiewesorgeenheid, sowel as kraamafdeling en aptekersdienste,” het Nuyoma gesê.
Volgens mnr. Andre Neethling, direkteur van TPH, is die hospitaal nou N$43 miljoen werd.
“Ons waardeer GIPF se belegging aangesien dit die hospitaal gehelp het om sy volle potensiaal te bereik. Die geriewe is op standaard om die gemeenskap van Tsumeb en nabygeleë dorpe te bedien,” het hy gesê.
Neethling het bygevoeg die geriewe is gelykstaande aan die Lady Pohamba Privaat Hospitaal in Windhoek.
Die hospitaal beskik onder meer oor 40 beddens, twee teaters, een herstelkamer, ’n kraamafdeling, rehabiliteringsgeriewe, apteek, ten volle operasionele gesondheidskliniek, ’n Pathcare-laboratorium, X-straalgeriewe, sowel as ’n ongevalle-afdeling. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie