GIPF finansier reeds 2 000 huislenings
GIPF finansier reeds 2 000 huislenings

GIPF finansier reeds 2 000 huislenings

Nog 3 000 van die staatsdiens se pensioenfondslede wag hul beurt af vir finansiële ondersteuning om eiendom te koop.
Augetto Graig
Augetto Graig - First Capital Treasury Solutions se hoof- bedryfsbeampte, me. Lizah Bezuidenhoudt, sê dié fondsbestuurder en diensverskaffer aan die staatsdiens se pensioenfonds (GIPF) het tot nou al meer as 2 000 huislenings toegestaan.

First Capital se behuisingsfonds is in 2011 gestig en toe die GIPF in 2014 besluit om lede met huislenings te ondersteun, het die maatskappy die mandaat ontvang om N$1 miljard daarop te bestee.

“GIPF het tot nou N$1 miljard toegeken met 'n aanvanklike bedrag van N$100 miljoen wat in 2014 gegee is, en die bedrag het tot N$1 miljard gegroei teen die einde van 2017. Die N$1 miljard het finansiering voorsien vir meer as 2 000 eiendomme en tans finansier ons nog 'n paar aankope met die maandelikse inkomste,” sê sy.

"Buiten die meer as 2 000 kliënte wat die maatskappy tans diens, bestaan daar nog 'n waglys van meer as 3 000 kliënte wat wag totdat die geld beskikbaar is om hul huise te koop," sê Bezuidenhoudt.

Kliënte is lede van die GIPF en staatsamptenare landswyd.

"Die huise waarvoor finansiële hulp vir aankoop verleen word, wissel tussen N$450 000 en N$1,5 miljoen in waarde oor die algemeen, maar in plekke soos Rehoboth en ten opsigte van staatshuise, het First Capital finansiering beskikbaar gemaak vir pryse tot so laag soos N$70 000."

Bezuidenhoudt sê klagtes dat First Capital lank neem om kooppryse af te los, is onwaar en dat die maatskappy se praktyk is om betaling op registrasie van die eiendom by die aktekantoor te finaliseer. Van die eiendomme wat hy finansier, word binne drie maande van die ondertekening van die koopakte afgelos. Sy waarsku egter stappe wat betref die koop van eiendomal, is baie en kan tot ses maande neem om af te handel.

Dit sluit in assessering van die lener, eiendomswaardasie, en prokureurs- en aktekantoorprosesse, sê sy.

“Sodra die verbandregistrasieprokureurs tevrede is met die transaksie, sal First Capital onmiddellik 'n oordragbetaling maak. Ons kan nie betaal alvorens dit nie deur die verbandregistrasiekantore goedgekeur is nie,” sê Bezuidenhoudt. “Betaling is nie die oorsaak van die vertraging nie.”

“Vertragings vind normaalweg plaas ten tyde van aansoeke of indien die prokureurs nie al die nodige dokumente met betrekking tot die eiendom kry nie. Ook omdat die kliënt erwe van die stadsraad gekoop het, maar die stadsraad nie rekords met betrekking tot die erf kan vind nie."

Sy sê daar is tye wanneer 'n kliënt versuim om alle vereiste dokumente te verskaf om die aansoek te finaliseer. "Daarbenewens is sommige eiendomme in afgeleë gebiede soos Opuwo, en dit kan maande neem om eiendomswaardasies in daardie gebiede te doen,” sê sy.

Bezuidenhoudt het bygevoeg dat die maatskappy ook 'n ander kategorie kliënte het wat 'n erf koop en dan bou.

“In hierdie geval word betalings gemaak met tussenposes van 30%, 70% en 100%. In die geval dat die ontwikkelaar lank neem om die gestelde teikens te bereik, sal dit ook 'n invloed hê op wanneer hulle betalings sal ontvang."

Sy moedig kliënte aan om te verseker die eiendom wat hulle wil koop, is op grond wat gediens, geregistreer en geproklameer is.

"As dit 'n deeltitel is, verseker dat dit so geregistreer is. Is die ontwikkeling geregistreer? Die belangrikste is dat hulle 'n volledige aansoek moet indien met al die nodige dokumente om vertragings te voorkom,” sê sy.

EIENDOMSAGENTE

Bezuidenhoudt het wel erken dat eiendomsagente nie graag met First Capital wil besigheid doen nie.

“Ons waardasie is redelik konserwatief en laat geen ander uitgawes toe wat nie verband hou met die eiendomswaarde nie. Daarom word dit nie maklik deur die meeste eiendomsagente aanvaar nie.

"Daar baie min, indien enige eiendomsagente, wat kliënte na ons toe bring. First Capital is nie afhanklik van eiendomsagente om kliënte te bring nie, maar maak direk kontak deur middel van ons streekstakke in groot dorpe landswyd."

Sy sê 71% van hul kliënte is buite die Khomasstreek en veral in landelike gebiede, waar eiendomsagente nie teenwoordig is nie.

"Ons het tans meer as 3 000 goedgekeurde kliënte met eiendomme wat gefinansier moet word, en hierdie kliënte het nie by wyse van makelaars gekom nie, maar deur ons streekkantore,” sê sy.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!