Girokoptervlieënier se gedenkdiens volgende Saterdag
Francoise Steynberg – Die vlieënier wat 'n dag ná 'n girokopterongeluk gesterf het, mnr. Pierre Blaauw (40), se gedenkdiens vind volgende Saterdag, 16 Januarie, plaas.
Blaauw en mnr. Donbaldt Noa (26) het op 17 Desember in die girokopter vanaf Eros-lughawe gevlieg toe dit kraglyne getref en sowat 10 km oos van die hoofstad op die pad na die Internasionale Lughawe Hosea Kutako neergestort het.
Noa is in die ongeluk dood en Blaauw het die volgende oggend weens sy erge beserings in die Lady Pohamba Private Hospitaal in Windhoek gesterf.
Blaauw se diens sal op 16 Januarie om 09:30 op die plaas Freiheit Ost in die omgewing van Witvlei plaasvind.
“Pierre is reeds veras en ons wil sy lewe tydens die gedenkdiens by sy girokopterloods op die plaas vier,” het sy jonger suster, me. Marizaan Vermeulen, gister aan Republikein gesê.
“Vlieg was die heel lekkerste ding in die lewe vir Pierre.”
Sy sê Covid-19-regulasies sal streng toegepas word en die diens sal ook later op sosiale mediaplatforms uitgesaai word.
Blaauw word deur sy pa, mnr. Pierre Blaauw, Vermeulen en nog 'n jonger suster en broer, me. Cari Graf en mnr. Adriaan Blaauw, oorleef.
Vir verdere navrae oor die diens, skakel Zanie by 081 350 1591, Cari by 081 216 4998 of Adi by 081308 4123.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie