Giyani se planne wu00e9u00e9r in die wiele gery
Giyani se planne wu00e9u00e9r in die wiele gery

Giyani se planne wéér in die wiele gery

Jo-Maré Duddy
Jo-Maré Duddy

Giyani Gold Corp., die plaaslik­ genoteerde­ Kanadese­ eksplorasie­maatskappy waarin mnr. Knowlegde­ Katti van Namibië ’n belang het, se strategie­ om sy energieportefeulj­e uit te brei, het ’n terugslag beleef.
In ’n aankondiging Maandag op die Namibiese aandelebeurs (NSX) het Giyani gesê die ooreenkoms van voorneme met Horizon Enerji en Sumo Coal ingevolge waarvan Giyani dié twee maatskappye wou oorneem, het verstryk.
Horizon is ’n maatskappy­ in Turkye met belange in oliestoring­ en ’n droëdokhawe­. Sumo is ’n vername speler in die steenkoolbedryf­ in Suid-Afrika.
Giyani het verlede Augustus ’n ooreenkoms­ met dié maatskappy­e aangegaan in terme waarvan eersgenoemde­ tot 31 Desember gegun is om onder meer die nodige finansiering vir die transaksies­ te bekom. ’n Bedrag van US$25 miljoen in totaal was aan die oornames­ gekoppel­.
Mnr. Duane Parnham, uitvoerende­ direkteur van Giyani, het Maandag in ’n verklaring gesê die maatskappy­ is “teleurgesteld dat heersende marktoestande en tydsbeperkings­” voorkom het dat ’n finale ooreenkoms­ met Horizon en Sumo voor die einde van 2014 gesluit kon word. ’n Transaksie­ met die aandeelhouers­ van die twee maatskappye­ bly egter ’n “moontlikheid­”, sê hy.
Giyani is steeds vasbeslote om die maatskappy deur middel van ’n strategies­e verkryging te versterk­, sê Parnham. Volgens hom posisioneer­ Giyani se korporatiewe­ struktuur en internasionale noterings­ die maatskappy­ goed om daarin te slaag.
Giyani is op die ontwikkelingsbord­ (DevX) van die NSX, die alternatiewe­ bord (AltX) van die JSE en die waag-indeks­ ­van die Toronto-aandelebeurs­ genoteer. Bitter min van dié maatskappy­ se aandele word egter op die DevX verhandel. Teen die sluiting van die NSX Maandag was Giyani se prys N$3,58 per aandeel.
Die maatskappye se planne verlede jaar om die Navachab-goudmyn naby Karibib by AngloGold Ashanti te koop, het ook misluk. Guinea Fowl Investments Twenty Six Ltd, ’n volfiliaa­l van QKR Corporation­ Ltd, het dié myn teen US$110 miljoen voor Giyani se neus weggeraap­.
Giyani het verlede week sy tussentydse­ resultate vir die nege maande tot einde September 2014 bekend gemaak.
Volgens dié finansiële resultate­ het Giyani ’n netto verlies van bykans 2,11 miljoen Kanadese dollar vir die nege maande gely, amper N$21 miljoen teen gister se wisselkoers. Dit is ietwat minder as die netto verlies van bykans 2,4 miljoen Kanades­e dollar vir dieselfde tydperk in 2013.
In die finansiële verslag sê Giyani dit moet, bykomend tot sy bedryfskapitaalvereiste­s, nóg geld vir sy bestaande verpligtinge en eksplorasiekost­e in die hande kry.
“Dié omstandighede kan aansienlike­ twyfel oor die maatskappy­ se vermoë laat ontstaan­ om sy verpligtinge­ na te kom wanneer hy moet,” luidens die state. Dit laat voorts twyfel ontstaan­ oor hoe toepaslik­ die gebruik van rekenkundig­e beginsels vir ’n gevestigd­e saak is, sê die verslag.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!