Gladde paaie
WILLEM DE WET SKRYF:
Kêrels, nou rol die wiele glad, maar ongelukkig onbeheersd en in die verkeerde rigting.
As ek die goewerment was, sou ek die eerbare ding gedoen het en op my eie swaard geval het, want hulle kan waaragtig nie swakker doen as wat hulle tans doen nie. Ons land en sy mense is in alle aspekte swakker daaraan toe as ooit in die geskiedenis, en die manne met die swart luukse motors met die groen nommerplate kyk net Noord en galop voort asof niks fout is nie. Hulle bou partykantore en gaan op inkopie-uitstappies die wêreld vol terwyl ons land en sy mense struggle.
Is dit nie ironies dat ons land se mense moes struggle om te kan struggle nie. Ons het gestruggle om orde en dissipline, fiskale beleid en nasietrots af te breek en nou struggle ons om onder die struggle se joolkonings te oorleef. Ons struggle nou meer as ooit tevore en die ouens vir wie ons gestruggle het, raak al vetter en alles val onder hulle chaotiese leierskap uitmekaar.
Kan dit wees dat ons toekomstige leiers al op die skoolbanke deur die struggle-leiers sonder boeke, krag, water en hoop die lewe ingestuur moet word om vir die res van hulle lewens te struggle as gevolg van die onbeholpenheid en absolute onbevoegdheid waarmee hulle rolmodelle hulle van 'n toekoms en 'n identiteit ontneem?
Klim uit jou swart ampsmotor en ry fiets, los die wekshops, wek up en begin iets doen. Niks op jou ampsbesoek aan die buiteland gaan die pyn hier verlig nie, ons sal dit hier moet uitdink en hier moet implementeer en deurvoer. Ons het nie genoeg tronke om al die rasieleiers van bedrog toe te sluit nie so ek stel voor ons klap daai boek toe en begin van voor af.
Stem vir mense wat 'n positiewe verskil aan jou toekoms kan maak. Mense met inbors en trots, mense wat kan voor vat en lei, mense wat jou trots kan maak.
Elke jaar dieselfde leë beloftes en net nog 'n tree nader aan totale bankrotskap. Ons grootbaas en sy gevolg is besig om elke stappie in Zimbabwe se handleiding vir mislukking na te volg en ons gly al nader aan ons einddoel om Namibië ook op die Afrika-ashoop te laat verdwyn.
As die lokomotief traksie kort, gooi hulle sand op die spoor. Ons kort traksie en leiers met sand in die hand.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie