Gladiators dollarloos oor feesseisoen
Volgens Franco Cosmos, sekretaris-generaal van die Namibiese Sokkervereniging, is daar nie geld om die spelers te betaal nie.
Tielman van Lill
Die 28-jarige Zenatha Coleman, lid van die Brave Gladiator-vrouesokkerspan, het haar vandeesweek sterk op Twitter teen die Namibiese Sokkervereniging (NFA) uitgelaat weens wanbetaling aan spelers.
Namibië se nasionale vrouesokkerspan het vanjaar in die hoofstad in twee vriendskaplike wedstryde teen Angola met 4-0 en 1-0 geseëvier. By die Cosafa-kampioenskap het hulle teen Uganda gelykop (0-0) gespeel, 3-0 teen Zambië verloor en Eswatini met 1-0 geklop.
Met hul kwalifiserende eerste ronde wedstryde teen die magtige Tanzanië vir die 2022 Afrika-Nasiesbeker in Marokko, het hulle met 2-1 in Dar es Salaam gewen en dit met 3-2 teen die 2021 Cosafa-kampioen in Johannesburg afgesluit.
Coleman, internasionale ster van die Sevilla-sokkerklub in Seville, Spanje, was instrumenteel in die Gladiator se sukses. Sy het in Dar es Salaam in beide helftes die doelnet laat bolstaan en in Suid-Afrika by die Dobsonville-stadion in die tweede wedstryd het sy opnuut met ’n driekuns die Tanzaniërs se harte gebreek.
Volgens haar is die Gladiators nie vir die laaste vyf wedstryde wat hulle vanjaar gespeel het, betaal nie. Sy het getwiet: “Ek is dalk nie die kaptein van die Brave Gladiators nie, maar ek sal altyd my stem vir my spelers laat hoor. Hulle het hul werk gedoen. Weg en tuis in die kwalifiserende rondes gewen en is nog nie betaal nie. As die meisies nie betaal kan word nie, hoekom is daar dan ’n nasionale vrouespan?” #Paythegladiators
Volgens Franco Cosmos, sekretaris-generaal (SG) van die NFA, is daar nie geld om die spelers te betaal nie.
’n Anonieme bron het die volgende aan Republikein verskaf. “Goeie middag span. Ek het die SG geraadpleeg oor ons uitstaande betalings en sy reaksie was die situasie bly dieselfde by die NFA. Daar is steeds geen geld om die span te betaal nie, maar hy het weer sy woord gegee ons bly ’n prioriteit en wanneer geld beskikbaar is, sal ons betaal word. Geen tydlyne is gegee oor wanneer fondse beskikbaar sal wees nie.
“Ek het die betalingslys ingedien met hoeveel elke speler en beamptes vir Cosafa en die kwalifiserende rondes verskuldig is. Laat ons hoop vir positiewe terugvoer oor ons volgende navraag.”
Die Gladiators speel hul twee ronde kwalifiserende Afrika-Nasiesbekerwedstryde op 14 Februarie teen Zambië in Lusaka en takel hulle weer op 23 Februarie in Suid-Afrika.
Marokko 2022, wat die 12de weergawe van die Afrika-Nasiesbeker sal wees, dien ook as Afrika se kwalifiserende geleentheid vir die 2023 Fifa Vroue-wêreldbeker. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie