Glencore koop aandele terug om beleggers te paai
Glencore sal tot US$1 miljard van sy aandele terugkoop – 'n stap wat daarop gemik is om beleggers se vrese oor 'n geregtelike ondersoek teen hom te besweer.
Die terugkoopprogram begin Donderdag en sal tot die einde van die jaar duur, sê die myngroep in 'n verklaring.
Glencore, wat in Londen en op die JSE genoteer is, se aandeelprys het ná die aankondiging met tot 4,7% gestyg, die meeste sedert April.
Die aankondiging kom twee dae nadat owerhede in Amerika dokumente aangevra het wat met beweerde korrupsie en geldwassery verband hou. Glencore se bedrywighede die afgelope tien jaar in Nigerië, die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) en Venezuela is in die spervuur.
Dié nuus het Dinsdag sowat US$5 miljard van Glencore se markwaarde vernietig.
JONGSTE TERUGSLAG
Dit is net die jongste terugslag in 'n tydperk van groot wisselvalligheid vir die myngroep met sy hoofkantoor in Switserland.
Glencore het Dinsdag gesê hy bestudeer die Amerikaanse departement van justisie se dagvaarding en sal verdere inligting verskaf soos dit van toepassing raak.
Glencore se bedrywighede in die DRK sluit groot koper- en kobaltmyne in. Hy word ook deur die moontlikheid van 'n ondersoek oor omkopery in Brittanje in die gesig gestaar weens sy verbintenis met die miljardêr Dan Gertler, 'n vriend van pres. Joseph Kabila van die DRK.
In sy kommentaar sê Barclays PLC die terugkoop van sy aandele deur Glencore “lyk nie na toeval nie en dui daarop dat die bestuur ook van mening is dat die onlangse prysbewegings ekstreem is”.
Ontleders van Liberum Capital het Woensdag gesê Glencore kan dalk 'n aandeelterugkoopprogram gebruik om beleggers se vertroue te versterk en bygevoeg dat die daling van 8,1% Dinsdag in Glencore se aandeelprys waarskynlik 'n oorreaksie is.
Glencore se aandeelprys het vanjaar reeds met 15% gedaal terwyl ander groot mynboumaatskappy soos BHP, Rio Tinto en Anglo American se aandeelpryse gestyg het.
Glencore was minder gefokus op die betaling van dividende aan sy aandeelhouers en het verkies om sy kontant te behou met die oog op toekomstige transaksies.
Donderdag se aankondiging, tesame met 'n groter as verwagte dividend vir 2017, sal help om beleggers, wat gretig is om 'n goeie opbrengs te kry, te paai.
“Sommige beleggers was bang dat die kontant nooit aan hulle teruggegee sou word nie en eerder voortdurend heraangewend sal word vir nuwe aankope en groei in die maatskappy,” het Credit Suisse Donderdag gesê.
“Vandag se aankondiging wys dié vrees is ongegrond.”
Glencore het die mark vroeër vanjaar verras toe hy dividende ter waarde van US$2,9 miljard uitbetaal het, terwyl sy groter mededinger Rio Tinto 'n dividend van US$5,2 miljard belowe het. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie