Glimbande vir vee langs paaie

‘n Entrepreneur meen sy uitvindsel kan menselewens spaar, veral tydens droogtes wanneer baie vee langs nasionale paaie wei.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - ‘n Entrepreneur glo hy het ‘n oplossing gevind vir vee wat op nasionale paaie rondloop en ongelukke veroorsaak.

Dit kan veral van waarde wees tydens droogtes wanneer die gras langs paaie al weiding is wat vir hulle oor is.

Mnr. Max Amesho maak weerkaatsende halsbande wat die sigbaarheid van grootvee, soos beeste, en pakdiere, soos donkies, drasties verbeter.

Die ARB-halsbande is snags op beeste getoets en die uitslae lyk belowend.

“Die probleem met beeste en donkies is dat hul oë, anders as dié van koedoes, nie snags in motorligte blink nie. Tydens die afgelope droogtes het die vee dikwels paaie toe gekom om gras op padreserwes te vreet.

“Soms is die gras langs paaie hoog en motorbestuurders kan die diere nie sien nie. Dit is veral ‘n probleem in die Noorde waar die beeste snags in die pad slaap.”

Amesho maak die halsbande met die hand uit leer, rus dit met weerkaatsers toe, asook bedekkings wat dit teen wind en weer beskerm.

“Die halsbande is sterk, dit kan vyf tot 10 jaar lank hou terwyl die bees dit dra.”

Hy sê dit hou boonop geen gevaar vir vee in nie.

Die glimbande kan volgens hom ook met GPS-toestelle of afweermiddels vir bosluise toegerus word sodat dit meerdoelig is.

Amesho is nog besig om met toepaslike maatskappye hieroor te onderhandel.

Hy sê hoe meer belangstelling daar in die glimbande is, hoe meer werklose mense sal hy kan aanstel om hom te help.

Amesho onderhandel tans ook met groot landbouhandelaars om die produk te verkoop.

Hy hoop om met die regering te kan saamwerk om die dra van die bande te verplig, sodat dié nasionale probleem bestry kan word.

“Die produk hou voordele vir beide die padgebruiker asook die boer in, wat minder diere sal verloor omdat hulle raakgesien word en nie meer doodgery word nie,” sê Amesho.

Vir meer inligting, kontak Amesho by 081 221 8400.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!