Glo nog verdagtes in Shannon se moord
Die duo wat teregstaan op die moord van Shannon Wasserfall, is dalk nie die enigste verdagtes nie.
Leandrea Louw op Walvisbaai – Nuwe inligting oor die betrokkenheid van ander moontlike verdagtes by die moord op me. Shannon Wasserfall, het onlangs aan die lig gekom.
Dít nadat me. Azaan Madisia en haar broer, mnr. Steven Mulundu, weer in die hof in Walvisbaai verskyn het.
Die beskuldigdes het voor landdros Vicky Nicolaidis verskyn en gesê hulle het om regshulp aansoek gedoen en is ook gereed om te pleit.
Staatsaanklaer Maggy Shiyagaya het gesê die staat is nie in ‘n posisie om die beskuldigdes toe te laat om ingevolge artikel 119 'n pleitverduideliking by die hof in te dien nie.
“Nuwe inligting het aan die lig gekom oor ander moontlike verdagtes. Ons sal hopelik teen middel November bevestiging hê.”
Landdros Nicolaidis het die beskuldigde meegedeel dat, indien hulle intussen toegang tot regshulp verkry, hulle met hul regsverteenwoordiger kan beraadslaag. Die saak is tot 8 November uitgestel.
Mnr. Dennis Wasserfall, wyle Shannon se oom, het in ‘n Facebook-plasing gesê: “Op die plek waar Kandari wreed vermoor is, is daar onlangs onbekende DNS ontdek, wat die vraag laat ontstaan, wie was nog betrokke?”
Hy het gesê Madisia het ‘n jaar en vier dae gelede skuld op die moord erken. “Namate die sage vorder, blyk dit dat sy doelbewus belangrike details weglaat. As ‘n familie, is antwoorde alles wat ons sedert 10 April 2020 wou hê.”
Hy het Madisia daarvan beskuldig dat sy sedert die aanvang van Shannon se saak gejok en die hofverrigtinge gemanipuleer het.
“Daar was tye wat geeneen in ons familie hoop gehad het nie en al wat ons kon doen, was om op ons geloof staat te maak. Al wat ons wil hê, is eerlike antwoorde van die beskuldigdes. Hulle het ons dogter van ons weggeneem; die minste wat hulle kan doen, is om vir ons te sê wie die derde persoon is. Daar sal geen vrede wees totdat ons ons antwoorde het nie. Daar sal geen stilte wees nie.”
Madisia is die hoofverdagte in die verdwyning van Shannon (22) wat op 10 April 2020 uit Kuisebmond vermis geraak het.
Maande later, op 6 Oktober 2020, is haar oorskot in 'n vlak graf in Walvisbaai gevind nadat die polisie ‘n wenk ontvang het.
Mulundu is in November 2020 in hegtenis geneem nadat hy homself aan die polisie oorgegee en beweer het dat hy Madisia gehelp het om van Shannon se liggaam ontslae te raak.
Die duo is sedert verlede jaar in aanhouding. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie