Globale risiko's bedreig globale herstel
Landbou moet kennis neem
Dr. Kobus Laubscher
In die aanloop tot die inhuldiging van die Amerikaanse president is Amerika gereed vir terreur - op 'n ongekende basis.
Dié vooruitsig laat die res van die wêreld spreekwoordelik na sy asem snak. Wat egter ook noemenswaardig is, is die mate waartoe dit wat reeds as politieke onverdraagsaamheid in Amerika gesig gewys het, nie die aard van nuwe risiko's uitlig nie.
Die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) se 2021-verslag oor globale risiko's is onlangs vrygestel en die moeite werd om 'n blik oor te gooi.
Hierin kan die ontleding van sake wat lande se herstel ná die pandemie kan beïnvloed, nie geïgnoreer word nie.
Teen hierdie tyd is dit algemeen bekend dat Covid-19, naas die Tweede Wêreldoorlog, die grootste toets vir die mensdom is. Daar is reeds baie gesê oor die inklusiwiteit wat afgedwing is en wat tot gevolg het geen land kan in isolasie oor die hantering van Covid-19 dink en doen nie.
Byvoorbeeld is daar geldige beroepe vanuit die geledere van ontwikkelende lande wat pleit by die ontwikkelde lande om hulp met inenting.
Dit word 'n aanklag teen bevoorregtes as hulle 'n blinde oog wil draai op dié deel van die mensdom wat om vele ander redes in elk geval sukkel om net te oorleef.
In daardie opsig is daar geen wegkruipplek vir diegene wat hulle bevoorregting as 'n reg afdwing versus dié in werklike nood nie.
Immunisering bly ten beste 'n middel tot 'n doel, want dit sal baie mense in staat stel om te help met die heropbou enersyds, maar andersyds ook bevoordeel te word deur ontwikkeling wat hulle verdien.
RISIKO'S
Die eerste risiko wat beskryf word, is die digitale fragmentering wat gedryf word deur ongelyke toegang tot tegnologie – veral die risiko van uitsluiting as gevolg van die ontoeganklikheid van internet en die pas waarteen 5G-tegnologie toegepas word.
Kunsmatige intelligensie is bemagtigend, maar terselfdertyd ook uitsluitend, met die gevolg dat ongelykheid kan toeneem.
Een van die onderliggende risiko's is die toename in kubermisdaad. Hiermee saam is onvoldoende beleidsaanpassings ook 'n bewese risiko.
Tweedens word die bedreiging van 'n gebrek aan ekonomiese stabiliteit en maatskaplike kohesie as 'n globale risiko uitgelig.
Voor die pandemie was markte sonder grense algemeen, maar die pandemie het wêreldhandel ontwrig met die sluiting van grense en voorkeur aan plaaslike produkte en dienste.
Verdere verswarende faktore is die toekoms van jong mense. Ekonomieë het wêreldwyd ingekrimp en dit is onduidelik waar werksgeleenthede gevind gaan word.
ONRUS
Die pandemie het sake onomkeerbaar verander en het 'n byna onbestuurbare onrus tot gevolg gehad.
Ontevredenheid met inperkings en die reëls was en is aan die orde van die dag – die derde risiko wat die WEF uitwys. Dit word gekompliseer deur opeenvolgende vlae van die pandemie en onvoldoende toegang tot entstowwe en mediese hulp.
Die druk op mediese geriewe, toegang tot basiese mediese sorg en regerings wat dit probeer regstel, het 'n verdere belangrike aspek uitgelig, naamlik die bekostigbaarheid van die onafwendbare teenreaksie.
Die somme van wat die pandemie lande kos en nog gaan kos, is nog lank nie gefinaliseer nie. Fiskale tekorte is algemeen en dit is juis die ontwikkelende lande wat die swaarste getref word.
Geen begroting is skielik die papier werd waarop dit uitgewerk is nie, want konvensies is omvergegooi.
Terwyl geld gespandeer moet word om die impak van die pandemie te probeer versag en die oordrag van die virus beter bestuur moet word, is geen land ontdaan van die normale voor-Covid-19- maatskaplike verpligtinge nie.
Waar laat dit landbou?
Gelukkig kon die sektor grootliks aangaan met kosproduksie. Daar is bedrywe wat onomkeerbaar verwoes is, soos die wyn- en tabakbedryf, maar 'n groot deel van die landbou kon markte bedien. Wat wel belangrik is, is die vermoë van die landbou om bogenoemde risiko's betyds te identifiseer en sektor-spesifieke hulpmiddels vroeg genoeg te ontwikkel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie