Gly op vloer knikker Crawley uit Indiu00eb-toetse
Gly op vloer knikker Crawley uit Indiu00eb-toetse

Gly op vloer knikker Crawley uit Indië-toetse

Krieket
Engeland se krieketspan sal vir minstens die eerste twee toetse in die reeks teen Indië sonder sy topordekolwer Zak Crawley oor die weg moet kom.
Crawley, wat van Vrydag af in Chennai aan die ooskus van Indië op nr. 3 vir die toerspan sou gekolf het, het sy regterpols beseer toe hy Woensdag buite sy span se kleedkamer op ’n marmervloer gegly het.
Skanderings het getoon dat hy die gewrig verstuit het en gevolglik sal hy nie vir die eerste twee toetse in Chennai oorweeg kan word nie.
Crawley het in die onlangse reeks teen Sri Lanka die beurt saam met Dom Sibley geopen, maar kon slegs 35 lopies in vier kolfbeurte bymekaar skraap.
Die verwagting was dat hy teen Indië sou afskuif na nr. 3, met Rory Burns wat saam met Sibley die beurt sal anker. Burns maak sy terugkeer tot die Engelse span nadat hy op vaderskapsverlof was.
Dié reeks het baie op die spel, met Indië én Engeland wat albei veg om ’n plek in die eindstryd van die eerste Toetskampioenskap te bespreek.
Nieu-Seeland het reeds sy plek in die finaal verseker nadat Australië kop uitgetrek het uit sy reeks teen Suid-Afrika.
• Vrydag se toets begin om 06:00 SA tyd en word regstreeks op SuperSport Variety 1 (kanaal 206 op DStv) uitgesaai.
– Reuters, Netwerk24


FOTO
Zak Crawley sal weens ’n polsbesering nie in Engeland se eerste twee toetse teen Indië in aksie wees nie. Foto Getty Images

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!