'Glyjakkalse' loop hul rieme styf
Twee jong mense wat glo by verskeie oornagplekke in die noorde van die land bedrog gepleeg het, is Vrydag in hegtenis geneem.
Mnr. Francois Strydom Nel (27) en me. Valencia van Wyk (38), wat glo in 'n verhouding is, is in hegtenis geneem nadat hulle na bewering vals aanlyn betalings gemaak het.
Volgens die Namibiese polisie se koördineerder van misdaadondersoeke in die Kavango-Oosstreek, adj.komm. Bonifatius Kanyetu, het die twee sedert verlede week Woensdag by die Divundu-gastehuis in die Mukwe-kiesafdeling tuisgegaan. Hulle het 'n vervalste aanlyn betalingsbewys van N$4 473 aan die eienaar van die gastehuis gestuur.
Die paar het glo ook by die Kaisosi River Lodge op Rundu gebly en weggery sonder om te betaal. Hulle skuld die lodge na bewering N$6 700.
Hulle het glo ook by die Grootfontein Guesthouse gebly en verdwyn sonder om te betaal.
Nel en van Wyk is op Divundu in hegtenis geneem en sou gister in die landdroshof op Rundu verskyn.
– Nampa
FOTO
Die vermeende glyjakkalse mnr. Francois Strydom Nel en me. Valencia van Wyk. Foto verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie