G'n einde aan kopermyne se kontantkrisis
G'n einde aan kopermyne se kontantkrisis

G'n einde aan kopermyne se kontantkrisis

Was dit nie vir US$6 miljoen se BTW-geld waarvoor Weatherly wag nie, sou dié groep se verlies van bykans US$11 miljoen die afgelope boekjaar anders gelyk het.
Jo-Mare Duddy Booysen
Jo-Maré Duddy - Die ministerie van finansies wat sloer met die uitbetaling van BTW-eise is deur Weatherly­ International Plc, meerderheidsaandeelhouer in die Tschudi-, Otjihase- en Matchless-kopermyn, as een van die faktore vir die maatskappy se kontantkrisis uitgesonder.

Teen die einde van Junie vanjaar was agt maande se uitbetaling van eise vir belasting op toegevoegde waarde uitstaande. In totaal was US$6,1 miljoen – bykans N$85 miljoen – van dié eise aan Weatherly verskuldig.

Die maatskappy het geen beheer oor wanneer BTW-eise uitbetaal word nie, sê Weatherly in sy jongste finansiële resultate.

In dié verslag erken Weatherly hy spook om as lopende bedryf voort te bestaan. Die genoteerde groep se verlies vóór belasting vir die jaar geëindig 30 Junie vanjaar was US$10,6 miljoen, sowat N$147 miljoen. Weatherly se totale netto skuld het US$93 miljoen of amper N$1,3 miljard beloop.



Koperprys

Weens die swak koperprys moes Weatherly reeds vir uitstel van sy skuldverpligtinge teenoor Orion Mine Finance, sy grootste aandeelhouer en lener, vra.

Weatherly sê as die koperprys nie verbeter nie, is dit onwaarskynlik dat die maatskappy genoeg surpluskontant sal kan genereer om sy verpligtinge van die gewysigde terugbetalingsooreenkoms met Orion na te kom. Die voortbestaan van die maat­skappy as ''n lopende bedryf hang van Orion se voortgesette ondersteuning af, waarvan geen sekerheid bestaan nie, sê Weatherly.

As Orion bereid is om skuldterugbetalings opnuut op die lange baan te skuif, kan Tschudi genoeg geld maak sodat Weatherly as ''n lopende bedryf kan voortbestaan, sê die maatskappy.



Struikelblokke

Daar is egter faktore wat kontantvloei negatief kan beïnvloed. Een hiervan is dat Weatherly geen beheer het oor die uitbetaling van BTW-eise nie, sê die groep.

Ander faktore wat inkomste kan kniehalter, is ''n ongunstige wisselkoers en swak koperprys.

In die jaar onder oorsig was Weatherly se wisselkoersverlies vanweë die Namibiese dollar se swak vertoning teenoor die Amerikaanse dollar US$3,9 miljoen of sowat N$54 miljoen. Verlede jaar het Weatherly sake teen ''n gemiddelde wisselkoers van N$14,49 teenoor een Amerikaanse dollar gedoen, vergeleke met N$11,45 in 2015. Gistermiddag het die plaaslike geldeenheid na aan N$14 teenoor die greenback verhandel.



Otjihase, Matchless

Otjihase, Matchless West en Old Matchless bied steeds ''n beduidende geleentheid vir Weatherly, sê die groep.

Planne word beraam om mynbedrywighede in die toekoms te hervat en meer koper teen laer eenheidskoste as voorheen te produseer, sê Weatherly.

Werksaamhede by die drie myne is in September 2015 weens die swak koperprys gestaak. Die drie myne se verlies vir die jaar geëindig 30 Junie 2016 was US$5,2 miljoen, meer as N$87 miljoen. Dit sluit ''n verlies van US$1,1 miljoen se kontantkoste vir instandinghouding van die myne in, wat tans “projekontwikkelingstatus” het. Die Otjihase- en Matchless-myn het in die 2015-boekjaar ''n verlies van US$10,5 miljoen gely.

Weatherly sê sodra vooruitsigte vir die koperprys verbeter, kan aandeelhouers “beduidende waarde” uit dié myne verwag. Die maatskappy is op die Londense aandelebeurs se alternatiewe beleggingsmark (AIM) genoteer.



Tschudi

Weatherly se ander mynbelegging in Namibië, die Tschudi-kopermyn, het in sy eerste produksiejaar ''n wins van sowat US$5,65 miljoen (meer as N$78 miljoen) getoon. In totaal het Weatherly se Namibiese bedrywighede ''n algehele bedryfswins van US$1,4 miljoen vir die 2016-boekjaar opgelewer. Hierby was waardevermindering van US$14,2 miljoen ingesluit.

Hier stop die goeie nuus egter. Ná finansieringskoste van US$8 miljoen op lenings wat hoofsaaklik vir die konstruksie van Tschudi gebruik is, en die wisselkoersverlies het Weatherly ''n bedryfsverlies van US$10,6 miljoen in sy afgelope boekjaar gely. In die 2015-boekjaar was Weatherly se verlies bykans US$13,4 miljoen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!