G'n spesiale tjoekiekos op Nuwejaar
G'n spesiale tjoekiekos op Nuwejaar

G'n spesiale tjoekiekos op Nuwejaar

Verhoorafwagtende gevangenes kon 'n buitengewone spyskaart tydens die feesseisoen op hul mae skryf, sê die owerhede.
Denver Kisting
Denver Kisting



Verhoorafwagtende gevangenes, soos die sogenaamde #Fishrot-ses, sou glo nie Nuwejaarsdag aan spe­siale disse gesmul het nie.

Eweneens, sê AO Immanuel Iiduwa, 'n polisiewoordvoerder, Kersdag sou ook nie vir 'n buitengewone spyskaart gesorg het nie.

Die woordvoerder sê die afgelope week by navraag aan Republikein: “Geliewe kennis te neem verhoorafwagtende gevangenes word gevoed soos voorgeskryf deur die polisie se bedryfshandleiding met voorgeskrewe voedsame kos en in oorleg met internasionale voedingsvereistes.”

Aangehoudenes by polisieselle kry brood, vrugte, groente, droë rantsoen, beesvleis, hoender, varkvleis en vis “om net 'n paar te noem”, sê Iiduwa.

Ontbyt, sê die segsman, word soggens tussen 06:00 en 09:00 bedien, terwyl middagete smiddae tussen 12:00 en 14:00 voorgesit word.

Iiduwa sê aangehoudenes kan laatmiddag tussen 17:00 en 19:00 vir aandete aansit.

Op 'n vraag oor of die spyskaart vir spesiale dae tydens die feesseisoen met ietsie besonders bygewerk word, sê hy: “Niks spesiaals word bygevoeg nie. Watter tipe kos watter tye bedien word, is die besluit van die verskillende kokke by elke stasie.”

Geliefdes van verhoorafwagtende gevangenes mag tydens besoekure vir hulle kos neem, sê Iiduwa.

Sou naasbestaandes buite besoektyd vir hul geliefdes iets te ete wou neem, moet reëlings vooraf met die stasiebevelvoerder of die aanklagkantoorbeampte getref word, sê hy.

Iiduwa gee toe die polisie se beleidsrigtings is in dié stadium tjoepstil oor wanneer 'n lid van die publiek 'n maaltyd vir verhoorafwagtende gevangenes en polisiepersoneel mag voorberei.

Sou iemand hierdie behoefte hê, kan hulle hul wend tot die inspekteur-generaal, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, en skriftelik daarvoor om toestemming aansoek doen, sê die polisiewoordvoerder.

Mnr. Bernhard Esau, die eertydse minister van visserye en mariene hulpbronne, wat saam met sy medebeskuldigdes by die Seeis-polisiekantoor aangehou word, is die afgelope week in 'n private hospitaal in Windhoek opgeneem waar polisiekos na verwagting nie aan die orde van die dag is nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!