G’n sprake van Damaskus-ervaring in Zim
Twee stories word vertel oor Zimbabwe se verkiesing. Watter een kan ’n mens glo? vra James Hamill.
James Hamill
Daar word gesê dat twee dinge onvermydelik is in die lewe: die dood en belasting. ’n Derde mag dalk hierby gevoeg word – verkiesingsoorwinnings vir voormalige Suider-Afrikaanse bevrydingsbewegings.
Dit is veral die geval in Zimbabwe, waar die regerende Zanu-PF-party goed onderleg is in die politiek van toe-eiening. Een met ’n wreedaardige geskiedenis wanneer hy ook al deur teenkanting en tweespalt gekonfronteer word.
Dit is dus geen verrassing dat dié party ’n klinkende oorwinning in die onlangse parlementêre verkiesings, gevolg deur ’n meer naelskraapse maar steeds beslissende oorwinning vir Emmerson Mnangagwa oor Nelson Chamisa in die presidensiële stemmery behaal het nie.
Maar 50,8% teenoor 44,3% was gevaarlik gerieflik – dit het Mnangagwa net verby die punt gekry wat ’n tweede ronde van verkiesings onnodig gemaak het.
Dit was soortgelyk aan die kunsmatige uitslag van 2008 toe Morgan Tsvangirai se steun na onder 50% gestoot is om hom uit die presidensie te hou.
Die standaard-kenmerke van Zimbabwiese verkiesings was vanjaar weer opmerklik. Die slaafse staatsmedia wat as pryssangers vir Zanu-PF opgetree het in plaas van as ’n forum vir diverse menings, die getroue veiligheidsmagte en die misbruik van die staatsapparatuur vir party-doeleindes.
Wat dié keer ontbreek het, was ’n volskaalse veldtog van staatsintimidasie en geweld om te verseker dat kiesers “die regte ding doen”.
Die post-Robert Mugabe administrasie is uitgeslape genoeg om te verstaan dat sulke taktieke sy sleutel beleidsoogmerke belaglik sal laat lyk.
Hy wil graag Zimbabwe se wêreldwye rehabilitasie verseker, die steun van die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank kry en beleggers en sakelui terug na dié land lok.
Die balanseertoertjie was dus om die mag te behou terwyl die party genoeg gedoen het om die wêreldgemeenskap te oortuig dat Zimbabwe weer op pad boontoe is.
Die soort benadering wat gevolg is in vorige verkiesings kon slegs in buitengewone omstandighede gevolg word. Dit het ’n fundamentele bedreiging ingehou vir die wyer nasionale belang en wys hoe die benarde ekonomiese situasie ’n politieke herwaardering oor strategie en taktiek binne Zanu-PF genoodsaak het.
Daar was nie sprake van ’n Damaskus-ervaring hier nie. Mnangagwa was ’n argitek van vorige verkiesingsveldtogte gewortel in intimidasie en hy word by die gruweldade van die Gukurahundi geïmpliseer.
Op sy beurt het Chamisa reeds begin om sy draaiboek te skryf: Die verkiesingsuitslae is gemanipuleer en Zimbabwiërs is beroof van ’n regverdige verkiesing.
Hy het bloot pragmaties erken dat minder kru taktieke weens die land se onhoudbare ekonomiese situasie nodig was.
Sal die strategie werk? Dit is nog te vroeg om te weet. Wat duidelik genoeg is, is dat twee narratiewe reeds kop uitgesteek het.
Mnangagwa s’n is dat daar nasionale eenheid moet wees, dat hy ’n gematigde pragmatis is wat die Weste se steun nodig het om die land terug op sy voete te kry.

Hoe sien waarnemers die verkiesing?
Terwyl die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) en die Afrika-unie die verkiesings as vry en regverdig bestempel het, moet dit binne ’n historiese konteks gesien word. Albei organisasies het ’n geskiedenis dat hulle die Zimbabwiese verkiesings ondanks die mees verregaande manipulasie van stemme en geweld as vry en regverdig beskou.
Albei organisasies het ’n geneigdheid om die belange van huidige ampsdraers te beskerm.
Daar is ’n sterk “leiersklub”-mentaliteit in albei organisasies. En ’n “bevrydingsklub”-mentaliteit bly buitengewoon sterk binne die SAOG.
’n Demokratiese karakter ontbreek steeds in hierdie organisasies en dit bly vir hulle onmoontlik om die edele aspirasies van hul stigtingsaktes uit te leef deur die konsekwente verdediging van demokratiese beginsels op grondvlak.
Die Europese Unie was minder vrygewig. Die EU is toegelaat om vir die eerste keer in 16 jaar ’n Zimbabwiese verkiesing te monitor en het strukturele ongelykhede in die verkiesingsproses uitgelig. Dié organisasie het tot die slotsom gekom dat daar nie ’n waarlik gelyke speelveld was nie, wat ’n negatiewe impak op die demokratiese aard van die verkiesingsomgewing gehad het.
Ons moet ook verduidelikings vir enige Zimbabwiese verkiesings in die wyer konteks plaas van ’n dominante partystaat wat hoogs outoritêr is. Zanu-PF het homself byna vier dekades lank in die mag gepekel.
Dié party het homself in die staat ingebed en sy gedrag het gewys dat enige uitslag wat die “revolusie” tart, onaanvaarbaar is en met die volle mag van die staat teengestaan sal word.
In kort, alles kan verander in Zimbabwe behalwe die heerskappy van die regerende party.
Dit is so ver sy “hervormingsproses” strek.
Dit raak noodwendig die wyer bevolking, dit ruk hulle tot stilstand, dit maak hulle vuisvoos en dwing hulle om ’n status quo te aanvaar wat skynbaar onveranderbaar is.
Dit is veral so terwyl mense daagliks sukkel om te oorleef.
Mense het geleer wat dit vir hulle kan beteken as hulle Zanu-PF se mag uitdaag en hulle deins terug voordat hulle die slagoffers van vergelding kan word.
In kort, hulle is bewus daarvan dat agter Mnangagwa se diskoers van versoening is daar ’n rotsvaste vasbeslotenheid om nooit die mag af te staan nie.
Hoe moet die Weste reageer?
Westerse steun is nodig om die deure oop te sluit na die belangrikste globale finansiële instansies wie se hulp Zimbabwe desperaat nodig het om voor die ekonomiese afgrond weg te draai.
Twee teenstrydige verhale word geweef, wat elkeen probeer om die Zimbabwiese werklikheid vir ’n Westerse gehoor op te dis.
Mnangagwa se storie is dat Zimbabwe ná die gruwels van die Mugabe-era aanbeweeg het. Terwyl hy mag erken die verkiesing was nie perfek nie, was dit ’n goeie begin en was dit duidelike vooruitgang ná vorige verkiesings.
In die dae en weke wat volg, sal hy sê verdere vordering wink met sterk steun van buite en Zimbabwe wat ten volle in die familie van nasies terugverwelkom is.
Mnangagwa is ’n wolf in skaapklere en Westerse lande moet hom op ’n veilige afstand hou en nie die legitimiteit gee waarna hy smag nie.
Die MDC-alliansie en Chamisa het in teenstelling hiermee reeds begin om ’n narratief te bevorder dat hierdie eenvoudig dieselfde ou storie is – die manipulering van stemme wat klaaglik tekort skiet aan demokratiese standaarde.
Hul argument is dat agter die rookskerm van sussende retoriek is daar dieselfde onversetlike vasbeslotenheid van Zanu-PF om tot elke prys aan die mag vas te klou, soos bewys is deur die doodskiet van ongewapende betogers.

Deur dit te sê stel die MDC-alliansie homself oop vir Zanu-PF se gunsteling-aanklag dat hulle “hoogverraad pleeg” en met buitelandse en “imperialistiese magte” saamwerk.
Watter een sal die geloofwaardigste narratief wees?
Dit sal daarvan afhang of Westerse lande aandring op volle respek vir die demokratiese proses en dat sekere demokratiese maatstawwe ononderhandelbaar is.
Of hulle kan Mnangagwa en Zanu-PF beskou as die enigste wild in die wildtuin en met hulle onderhandel, al is dit langtand.
In daardie geval sal hulle, nes die Zimbabwiese bevolking, ook afgerem deur die afslytingspolitiek van Zanu-PF wees.
*Hamill is ’n dosent in politiek en internasionale verhoudinge aan die Universiteit van Leicester. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie