Gu2019n spyt oor die spuit
Gu2019n spyt oor die spuit

G’n spyt oor die spuit

Dani Booysen
MINETTE BRINK VAN SWAKOPMUND SKRYF:

Daar is ‘n reuseverskil tussen hartseer en frustrasie weens lewensverlies, en dikbek wees oor ons nie meer ons ou bederfies kan geniet nie.

Dalk as ons minder fout soek en ophou onvergenoegd teem oor beuselagtighede, kan die lewe weer sy kleur begin terugkry. Dis wrede, onseker tye dié. Daagliks verloor mense hul werk, blyplek, waardigheid. Ekself ingesluit.

Soek eerder die goeie nuus. Dit smaak baie beter as die eindelose dosisse gal. Soos wat ek kry oor my besluit om Die Spuit te vat.

Basta, al julle “kenners” wat my al ontelbare kere vertel het ek gaan binnekort nog ‘n stel borste groei/handeviervoet begin loop/my brein by my ore sien uitvloei. Ook dat ek oor presies twee jaar gaan sterf. Sê wie? Soos ‘n vriendin vra: Is daar ‘n timer ingeplant saam met die spuit? Lyk my so, volgens die alwetendes wie se hoofbron van inligting die skrikwekkende ibelievewhatiwantnomatterthesource.com is.

Moet ook nie vergeet van die mikroskyfie wat nou in my linkerlob of waar ook al sit nie. (Die kenners kan nie presies sê waarheen die ding mik nie.) Maar moenie vrees nie. Ek is reg vir oom Bill/die Illuminati/ruimtewesens se agterbakse afstandbeheerplanne om ons almal te . . . wat nou weer? Ek het tred verloor. En belangstelling.

Grappies eenkant. Dis my lyf, my besluit. Hoe jy wil maak met joune, is nie my besigheid nie. Hou dus jou neus en wysvinger uit myne. Al ontwikkel ek ekstra organe of sterf binnekort. En as dit gebeur en jy verlustig jouself in jaaa-sy-wou-mos, dan was dit steeds my besluit. Vir die alternatief het ek nie kans gesien nie.

So tussendeur die bekgevegte oor spuit of nie, woed ‘n regte stryd 24/7 voort in ons gesondheidsfasiliteite soos Swakopmund se staatshospitaal.

Baie, baie dankie aan die personeel van dié hospitaal wat telkens beïndruk. Nie net is die vriendelikheid en flinke diens staande ovasies werd nie. Ook die skoon geriewe dryf my tot ‘n dawerende bravo!

‘n Goue medalje elk aan suster Irene Khunuxas en gesondheidsassistent Johanna |Uises (foto) wat tydens Spuit Een en Twee my met hul wonderlike diens en sin vir humor opgekikker het. Julle is sterre. Mag julle en jul kollegas se harde, onbaatsugtige werk raakgesien en ryklik beloon word. Mag julle veilig bewaar bly teen die bose geeste in die lug en die te dikwels moedswillige mense op die grond.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!