G’n uitdaging is te groot vir Gideon
Hy en sy “amfimobiel”, met behulp van Mannie’s Bike Mecca, is slaggereed om as lid van ’n viermanspan aan te tree.
Tielman van Lill
Teen dié tyd volgende Vydag sal Gideon Nasilowski (35) se senuwees saam met al die ander deelnemers aan flarde wees voor die wegspring om 15:00 vir die 2020 Nedbank Desert Dash-bergfietsmarathon vanaf Windhoek na Swakopmund.
Die gestremde Nasilowski, sedert sy swemloopbaan ook bekend as die Namibian Amphibian, takel die 373 km Dash op sy neongroen driewiel-“amfimobiel” in ’n viermanspan.
Hy is gemotiveerd om op dié wyse die fisieke en sielkundige grense vir gestremde mense te verskuif en ook geld vir gestremde atlete in te samel.
Nasilowski het Namibië as swemmer by verskeie internasionale kompetisies soos die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPC) se wêreldkampioenskap en Paralimpiese Spele verteenwoordig.
Nasilowski glo niks is onmoontlik of buite bereik van gestremdes nie. Hy wil in Februarie vanaf Robbeneiland na Bloubergstrand vir dieselfde redes swem om geld vir die Namibiese Paralimpiese atlete in te samel, wat volgende jaar in Tokio, Japan aan die Paralimpiese Spele deel.
Die krieketspeler Dickson Vambe, Robert Groenewald en Dave Hammond sal volgende Vrydag om drieuur saam met die Amphibian vir die uitmergelende Dash wegspring. Nasilowski het ’n paar maande gelede as ’n proeflopie aan die Mabaruli Safari-bergfietsmarathon van Windhoek na Solitaire deelgeneem.
Die nimlike Nasilowski is al vir etlike maande kliphard aan die oefen. Behalwe dat hy die eerste skof tot by die eerste kontrolepunt bo op die Kupferberg gery het, het hy verlede naweek die laaste skof vanaf Goanikontes na Swakopmund gepak en in die proses 100 km afgelê.
Die gebore Windhoek leef met ’n aangebore toestand (artrogriposis) waarin sy gewrigte onbuigsaam en geneig tot bindweefselvermeerdering is. Sy spiere is ook verswak.
“Ek sien my gestremdheid eerder as ’n geleentheid. Ek is nog nie waar ek met my fiksheid en peil wil wees nie, maar ek werk hard daaraan,” het hy tevore aan Republikein vertel.
“Ek het wel vier jaar as swemmer gelede uitgetree en neem nie meer aan kompetisies deel nie, maar dit is nie te sê ek moet gevoude arms by die huis sit en niks doen nie. Daai kans gaan ek nie vat nie.
“Namibië se Paralimpiese span neem in Augustus en September volgende jaar in Tokio deel en hulle het geld nodig. Die kanse is uitstekend dat hulle meer as een goue medalje huis toe kan bring. Daarom help ek en gaan nie wag dat iemand anders die inisiatief neem nie.
“Ons bedank graag vir Nedbank Namibië vir hul ondersteuning en Mannie’s Bike Mecca wat my ‘amfimobiel’ in ’n regte grondpadvreter omskep het.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie