G’n verkiesings oor feestyd
Die datums vir die Suide se herverkiesings sal eers volgende jaar bekend gemaak word.
Die Windhoekse hoërhof het op 11 Desember die verkiesings in die suide van die land ongeldig verklaar en beslis dié streek sal dus wéér stembus toe moet gaan.
Regters Herman Oosthuizen, Orben Sibeya en Shafimana Ueitele het beslis dat 25 November se verkiesings op Aroab, Koës, Stampriet, asook die Mariental Landelike-kiesafdeling ongeldig is.
“Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) is verplig om herverkiesings in onderskeidelik dié plaaslike owerhede en kiesafdelings te hou. Die ECN wil die Namibiese publiek in kennis stel die verkiesings van die Koës-, Aroab- en Stampriet-plaaslike owerhede, sowel as die Mariental landelike-kiesafdeling sal eers volgende jaar plaasvind weens die feesseisoen,” lui ’n mediaverklaring van die ECN.
Aldus die verklaring kan kiesers in dié onderskeie gemeenskappe en kiesafdelings moontlik na ander bestemmings reis om vir die feestyd by vriende en familie te wees.
“Dit sal nie logies wees om die verkiesings te hou op 'n tydstip wanneer die res van die land feesvier nie,” sê me. Vikitoria Hango, die ECN-woordvoerder.
Daarbenewens het die ECN in hierdie stadium nie genoeg tyd om die kiesers in die betrokke gebiede doeltreffend in te lig en om die nodige logistieke voorbereidings te maak nie, lui die verklaring.
“Die land sal spoedig in die nuwe jaar in kennis gestel word van die datum waarop die herverkiesings sal plaasvind.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie