G’n wind laat kragpryse hier met 40 000% styg
Die pad na ’n wêreld wat slegs deur hernubare energie aangedryf word, is vol onbedoelde gevolge, soos ’n verhoging van 40 000% in kragpryse.
Dit is wat vandeesmaand in Texas gebeur het toe kragpryse van minder as $15 per megawatt-uur (MWh) tot so hoog as $9 000 per MWh gestyg het toe die sluit van steenkoolkragstasies en swak windtoestande tydens ’n hittegolf byna tot kragonderbrekings gelei het.
In Junie het Duitsland drie kragonderbrekings net-net vrygespring en het kragpryse binne dae van onder nul tot rekordhoogtes gewissel namate hy na wind- en sonkrag oorgeskakel het van steenkool en kernkrag. Op 9 Augustus was meer as ’n miljoen huise in Brittanje sonder krag toe ’n windplaas van die kragnetwerk afgeskop is.
Hernubare energie is goedkoper en skoner, maar netwerkoperateurs, beleidmakers en kragmaatskappye leer op die harde manier dat dit ’n uitdaging is om groot kragopwekkers wat heeldag krag kan lewer, af te skakel as dit nie goed beplan word nie.
Kalifornië mik om teen 2035 al sy krag van skoon kragbronne te kry, maar Severin Borenstein, ’n energie-ekonoom van die Universiteit van Kalifornië in Berkeley, sê daar moet stelsels wees om seker te maak daar is genoeg krag op die netwerk om kragonderbrekings of ’n totale ineenstorting van die kragnetwerk te vermy.
Daar is nie maklike oplossings nie. In Duitsland moes netwerkoperateurs noodreserwes aanskakel om kragonderbrekings in Junie se hitte te vermy, terwyl sommiges die skuld op swak windvoorspellings geplaas het. Kragpryse in Duitsland het by tye gestyg in reaksie op verwagte tekorte, maar dan weer tot onder nul geval toe sonkrag die stelsel oorspoel het.
’n Groep wat groot Duitse kragmaatskappye verteenwoordig, het gewaarsku die kragnetwerk kan toenemend onstabiel raak namate steenkool- en kernkragstasies gesluit word. Teen 2023 sal daar kragtekorte wees, het die groep gewaarsku.
Die owerhede in Duitsland se steenkoolgebiede vra vir ’n versigtig beplande uittog uit steenkoolkrag. Duitsland sal intussen toenemend van krag uit die buiteland afhanklik raak.
In Brittanje, waar steenkool in die verlede bykans vir alle elektrisiteit gesorg het, is gevind die kragonderbreking vroeër vandeesmaand was weens ’n donderslag op ’n transmissielyn noord van Londen wat ’n aardgas-kragstasie en ’n groot aflandige windplaas uitgeskop het.
In Australië het reguleerders vandeesmaand vier windplase hof toe gesleep want hulle beweer die windplase het in 2016 tot ’n massiewe kragonderbreking gelei. Die voorval het ’n debat ontketen oor of ’n land so ryk aan steenkool en aardgas moet toelaat dat die kragnetwerk so afhanklik van hernubare energie raak.
Sommige kragnetwerke het wel groot volumes son- en windkrag sonder wydverspreide kragonderbrekings. Kalifornië kry dikwels smiddae meer as 40% van sy krag van groenkragbronne, en sy kragpryse daal gereeld tot onder nul. Texas het meer windkrag as enige ander plek in Amerika en geniet van die goedkoopste kragpryse in die land.
Hernubare energie is in twee derdes van die wêreld nou die bekostigbaarste bron van nuwe kragopwekking.
Batterye word voorgehou as ’n oplossing vir hernubare energie se wisselvalligheid. Tesla en die Duitse maatskappy Sonnen het groot energiebergingstelsels ontwikkel wat elektrisiteit kan opgaar wanneer die vraag laag is en dit kan gebruik wanneer dit benodig word. Nutsmaatskappye vra ook vir sterker transmissienetwerke.
Die Trump-administrasie meen die enigste manier om die kragnetwerk te stabiliseer is om verliesmakende steenkool- en kernkragstasies met reddingsboeie aan die gang te hou.
In Texas is die kragnetwerk toenemend blootgestel aan die wisselvalligheid van windkrag. Die skerp styging in kragpryse vroeër in die maand was deels omdat die kragopwekking van windplase tot die laagste vlak in maande gedaal het. – Bloomberg/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie