Gobabis bied Afrika-skouspel in drie kodes
Perdesport
Vanaf komende Vrydag tot Sondag is Namibië die gasheer vir vier besoekende lande se perderuiters wat in drie verskillende dissiplines van perdesport kom meeding.
Die Inter Africa Cup of Nations (IACN) word by die Duneside Stud (Sanddune Lodge) buite Gobabis aangebied en is die Suider-Afrikastreek se vernaamste skouspel in die sport. Dit word onder die vaandel van die Internasionale Perdesportfederasie (FEI) aangebied.
Skouspring, dressuur en uithouritte is die drie kodes waarin die Namibiese ruiters teen hul eweknieë van Zambië, Botswana, Suid-Afrika en Mauritius opgeweeg sal word, hoewel sommige van die besoekers net in sekere dissiplines verteenwoordigers sal stuur.
Danksy die ruim ondersteuning van borge soos Voermeester, Sanlam Collective Investments, Capricorn Private Wealth en Gobabis Toyota, asook die Namibiese Warmbloedperdvereniging en die Midgard Country Estate, het 'n rekordgetal van elf spanne uit vyf lande hul deelname bevestig.
Die Namibiese Perdesportfederasie (NAMEF) se sekretaris-generaal, me. Gigi Mathias, sê: “Dit is vir ons 'n groot eer om soveel spanne uit die streek hier te ontvang en ons sien uit na 'n opwindende naweek van perdesport onder die wakende oog van die FEI se president, mnr. Ingmar de Vos van België.
“Ons is spesiaal dankbaar teenoor ons borge wat ons byeenkoms so mildelik ondersteun. Afgesien van die geleentheid vir ruiters is dit ook 'n platform om die hoë gehalte van sportperde in Namibië ten toon te stel.
“Ons hoop hierdie geleentheid trek die aandag van die publiek om die vlak van Namibiese perdesport, die geleenthede wat dit inhou en die groei van die afgelope klompie jare uit te stal.”
By verlede jaar se IACN-kampioenskap in Botswana se hoofstad Gaborone, het Namibië puik rekenskap van homself gegee om in die skouspring die eerste posisie voor Suid-Afrika, Botswana en Swaziland weg te raap.
In dressuur was Namibië tweede ná Botswana en voor Suid-Afrika. Daar was ook talle individuele podium-plekke vir die Namibiese ruiters.
Die Namibiese span is vasberade om die naweek op sy suksesse van 2017 voort te bou.
Namibië se spanne in die drie kodes is:
SKOUSPRING (teen Mauritius, Botswana, Suid-Afrika en Zambië)
Gesche Gilchrist op Seeis Dansuelo (1.00 m)
Kerstin Garbade op Voigtskirch Avatar (1.10 m)
Detlef Fischer op Davetsaub Diana (1.10 m)
Nadine Flemming op Seeis Shelton (1.20 m)
Spanbestuurder: Michelle Künzle
DRESSUUR (teen Botswana, Suid-Afrika en Zambië)
Kirsten Chiappini op Playboy
Gesche Gilchrist op Seeis Dansuelo
Sumari Piepmeyer op Katiti Legolas
Nadine Flemming op Seeis Shelton
Spanbestuurder: Alexandra Rohl
UITHOURITTE (teen Botswana)
Hofmeyr van Blerk op Namarad Prince Ibn Grahic
Christine du Plessis op Edl Agbahr Ararat
Adri Erwee op Edl Agbahr Kaleb
Jan Meeser op Kalharabi Dakar
Frans Saubek op Llamarai Ibn Nile Prince
Spanbestuurder: Pierre de Witt

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie