Gobabis Gim se skutters waai die vlag hoog
Boogskiet
Die Nasionale Boogskietprogram in Skole (NASP) het die afgelope naweek sy derde nasionale kompetisie by St. George's Diocesan-skool in Windhoek aangebied waar 127 skutters van 15 skole en drie klubs deelgeneem het.
Die dag het sommer vroeg vir die kinders begin met die registrasieproses om seweuur. Die eerste pyle het om agtuur begin vlieg en met die wind wat weggebly het, het die dag vir gesonde kompetisie onder die jongklomp gesorg.
Soos die gebruik by die NASP-kompetisies is, het die voorste agt juniors (laerskoolgroep), seniors (hoërskool) en klubs die kans gehad om aan drie kolskootrondes op skywe deel te neem en dan met twee diererondes af te sluit.
Teen 13:30 is die teikens met kunsmatige diere soos bobbejane, bere, wildevarke, sebras, koedoes en wildebeeste vervang om die laaste twee rondes af te handel. Vir die meisies- en seunswenners was daar elkeen 'n veelkleurige terugbuigboog op die spel.
Die organiseerders van die byeenkoms bedank alle borge en helpers, insluitend Afro Pumps en sy werknemers wat die skietbaan voorberei het en St. George's wat sy sportvelde beskikbaar gestel het.
Butt Archery Supplies het vir die teikens en Impact Web Studio het vir die sertifikate en medaljeplakkers gesorg.
Die ouers wat hul kinders oor groot afstande vervoer het en sorg dat hul toerusting altyd netjies en reg is en die kinders wat gereeld en hard in die son oefen wat met toewyding en passie deelneem.
Die voorste uitslae:
KOLSKOOTRONDES (uit 900 punte)
Junior meisies: 1 Ané Oberholzer (Privaatskool Walvisbaai), 2 Mari Louw (Gobabis Gimnasium), 3 Sunel Weakley (Privaatskool Moria).
Junior seuns: Keanu Klose (Lüderitz-boogskietklub), MJ van der Westhuizen, José de Jesus (beide Berg-Op Akademie).
Senior meisies: 1 Leonise Human (Gobabis), 2 Dominique Bekker (Walvisbaai-boogskietprogram A), 3 Isabel Louw (Gobabis).
Senior seuns: 1 Gerhard Koen (Privaatskool Keetmanshoop), 2 Willem Lottering, 3 Wian Lottering (beide Gobabis).
DIERERONDES (uit 300)
Junior meisies: 1 Mari Louw (Gobabis), 2 Ané Oberholzer (Walvisbaai PHS), 3 Suné Visser (SKW B).
Junior seuns: 1 Keanu Klose (Lüderitz), 2 Alexander Abrahams (SKW A), 3 Caleb Beukes (Community HS).
Senior meisies: 1 Dominique Bekker (Walvisbaai A), 2 Leonise Human (Gobabis), 3 Elize Haasbroek (PS Elnatan).
Senior seuns: 1 Gerhard Koen (PS Keetmanshoop), 2 Wian Lottering (Gobabis), 3 Charl Janse van Rensburg (PS Elnatan).
ALGEHELE UITSLAE, kolskoot en diere (uit 1 200)
Junior meisies: 1 Mari Louw (Gobabis), 2 Ané Oberholzer (Walvisbaai PHS), 3 Sunel Weakley (Moria).
Junior seuns: 1 Keanu Klose (Lüderitz), 2 MJ van der Westhuizen (Berg-Op), 3 Caleb Beukes (Community HS).
Senior meisies: Nasionale kampioen, 1 Leonise Human (Gobabis), 2 Dominique Bekker (Walvisbaai A), 3 Logan Tawse (SKW A).
Senior seuns: Nasionale kampioen, 1 Gerhard Koen (PS Keetmanshoop), 2 Wian Lottering, 3 Willem Lottering (beide Gobabis).
Beste junior spanne: 1 Berg-Op, 2 Moria, 3 Danie Joubert.
Beste seniors: 1 Gobabis Gimnasium, 2 Privaatskool Elnatan, 3 Windhoek Gimnasium.
Voorste klubs: 1 SKW A, 2 Walvisbaai A, 3 SKW B.
Beste skole: 1 Gobabis Gimnasium (15 goue, 10 silwer- en vyf bronsmedaljes), 2 Privaatskool Moria, 3 Keetmanshoop Privaatskool. Die volgende NASP-kompetisie sal op 6 Oktober by Mariental aangebied word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie