Gobabis Gimnasium skitter voort
Karlien Visser
Leerlinge van Gobabis Gimnasium het onlangs op beide sport- en kultuurgebied weer eens die skool se naam hoog gehou by verskeie nasionale geleenthede.
Fietsry is ’n sport wat al meer belangstelling lok by Gobabis Gimnasium. Verskeie leerlinge het die skool by die FNB School League verteenwoordig. Anneke Opperman en haar broer, Henrè Opperman, het baie goed gevaar en onderskeidelik tweede en vyfde plekke in hierdie fietsren behaal.
Hierdie twee leerlinge is ywerige fietsryers wat gereeld op Gobabis se eenspoor-stofpaadjies gesien kan word.
Me. Erna Opperman is self ’n kranige fietsryer en ploeg vrywillig haar ekstra tyd by die Gimmies-fietsryers in.
Op Saterdag, 25 Maart, het Anneke en Henrè ook aan die Nedbank Cross Country Zero deelgeneem. Hierdie wedren was ’n langer en moeiliker baan as dié van die FNB School League en Henrè het ’n vyfde plek behaal en Anneke ’n trotse eerste plek. Ons sien uit daarna om hierdie name nog baie in fietsrykringe te hoor.
Die 0/12- en 0/13-netbalspanne het met ligawedstryde begin. Hierdie spanne het reeds drie wedstryde gespeel, waarvan beide spanne aldrie hul wedstryde gewen het. Ons is trots op elk van hierdie spelers en hou styf duim vas vir ‘n suksesvolle liga.
Soos altyd het die boogskieters van Gobabis Gimnasium ons weer baie trots gemaak. Die afgelope naweek by die SKW se gronde is die Namibiese Boogskietspan aangewys uit ’n totaal van 117 skutte. Dit was ’n harde dag waarop skutte in moeilike weersomstandighede hul staal moes wys. Skutte moes deelneem aan drie "bull’s eye"-rondes en Wian Lottering het sy persoonlike beste geskiet met ’n telling van 292/300. Hy is ook een van vyf leerlinge wat in die Namibiese A-span opgeneem is. Die volgende skutte is ook in die Namibiese A-span opgeneem: Willem Lottering, Beuli Opperman, Isabel Louw en Diwan Engelbrecht.
Die opwinding van die dag het nie daar geëindig nie. Altus Opperman, Gerco Thirion, Mia Delport, Edward Kesslau en Leonise Human is in die Namibiese ontwikkelingspan opgeneem. Daar is dus ’n totaal van 10 leerlinge uit die 32 spanlede van die Namibiese span wat uit Gobabis Gimnasiumkom. Voorwaar ’n prestasie. Hierdie spanne gaan Namibië verteenwoordig van 6 tot 10 Julie tydens die All Stars African Championships waar sewe lande mekaar die stryd sal aansê.
Op die rugbyveld het die Gimmies ook nie teruggestaan nie. Mnr. Jasper Engelbrecht is as afrigter vir Khomas se o/13-streekspan aangewys en Albert Engelbrecht, Rehan Bezuidenhout en Christiaan Barnard is ook verkies tot die o/13 Khomas-streekspan.
Op kultuurgebied het Lize en Karlien Visser goed gepresteer. Hierdie musikale dames het onderskeidelik 80% en 84% in hul graad 3 teorie-eksamen behaal.
Aan elke Gimmie: Baie dankie vir jou harde werk en deursettingsvermoë - of dit nou op akademiese-, kultuur- of sportgebied is. Dis lekker om deel van Gobabis Gimnasium te wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie