Gobabis-span kan nie wag vir finaal
Young African is goed op stryk in die opbou na die DebMarine-bekereindstryd op hul tuisveld.
Vuurwerke word op 18 November in die Legare-stadion op Gobabis verwag wanneer die 2017 Debmarine-bekerreeks sy hoogtepunt bereik. Die gasheerdorp se Namibiese premierligaklub, Young African, word deur Marley Ngarizemo besit en afgerig en hy verwag dat sy span die nasionale uitklopkompetisie sal beklink.
Ngarizemo sê ondanks die feit dat hul opponent, Mighty Gunners van Otjiwarongo, die meeste van sy spelerskern reeds vir jare het en in onlangse seisoene gereeld op die topvlak meegeding het, behoort die verskil in ondervinding nie beslissend te wees nie.
“Ons span het die potensiaal wat nodig is om ons klub se eerste betekenisvolle silwerware in te palm. Ons is gereed om Mighty Gunners ’n harde dag se werk te besorg.”
“Ons deelname in die premierliga (NPL) het ons vlakke van fiksheid en skerpheid verbeter. Ons filosofie en benadering bly dieselfde en niks sal daaraan verander nie. Dit is ons tuiswedstryd, maar dit is op sigself nie genoeg van ’n voordeel nie en dit kan selfs gebeur dat die druksituasie hul vertoning belemmer.”
Ngarizemo pleit by alle sokkerliefhebbers in elke uithoek van die Omahekestreek om in getalle te kom om plaaslike sokker te ondersteun.
Die spankaptein Donovan Kanjaa is maar nog ’n graad 12-leerling by die Hoërskool Jacob Marengo. Hy is trots op sy span se werk en hy hoop dat die klub se vordering sal voortduur.
“Die semifinale (op Otjiwarongo in September) was nie maklik nie, want ons was beslis nie die gunsteling teen Young Chiefs van Oshakati nie. Hulle het meer volwasse spelers gehad, maar ons het al ons energie gegee en het as wenners uit die stryd getree.
“Om in die DebMarine bekerfinaal te speel, bly ’n groot prestasie. Ons is dankbaar vir ons ondersteuners wat ons aandryf om beter te word, asook die afrigterspan wat hard daaraan werk,” sê Kanjaa, wat vir die klub begin speel het tydens die 2014 Bidvest-bekerseisoen.
Young African het vanjaar indrukwekkende vordering gemaak en een van hul sterspelers, Himeezembi Hengombe, is reeds sedert Julie in die Brave Warriors oefengroep nadat hy twee vertonings as speler van die wedstryd in die 2017 Debmarine-bekerreeks gelewer het. – NFA.org.na

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie