Gobabis teler stap met louere weg
Gobabis teler stap met louere weg

Gobabis teler stap met louere weg

Helené Bam
Een boer se speenkalwers het vanjaar kop en skouers bo die ander uitgestaan.
Mnr. Bertus Calitz, ’n Charolais-teler van Gobabis, is as Agra se 2015 speenkalfkam­pioen gekroon, ’n prestasie wat in ’n jaar van erge droogte en rekordverkope by veilings baie besonders is.
Calitz het die louere ingepalm in die ­kategorie vir speenkalwers met voerkraal­potensiaal. Die ander twee kategorieë wat landwyd aangebied is, is die kategorie vir kalwers met veld­potensiaal en die kategorie vir verse.
Die bestuurder van Agra se vee-afdeling, mnr. Titus Koen, het ’n samevatting van die ­afgelope jaar se speenkalwerveilings sowel as die algemene beesveilings gegee en begin deur die erns van die huidige droogte te ­beklemtoon.
Die droogte het ’n groot invloed op die aantal diere wat by ­veilings verkoop word en volgens Koen is die tendens al sedert die begin van die jaar duidelik. “By sekere veilings is daar meer as 2 000 stuk bees verkoop,” het Koen gesê.
Gedurende die jaar is landwyd 15 speenkalfveilings aangebied en by dié veilings is daar altesaam 14 572 diere verkoop. Agra se ­algehele verkope vir die afgelope finansiële jaar was 124 000 stuk bees.
Koen het ook die ­gemiddelde verkope vir die afgelope ­finansiële jaar per streek bekend gemaak. In die ­sentrale streek is per veiling ’n ­gemiddeld van 924 beeste verkoop; in die Noorde is die ­gemiddelde getal per veiling 1 263 beeste, wat ’n nuwe rekord is vir dié streek, en in die Suide het die rekords ook gespat met ­gemiddelde verkope van 727 beeste per veiling.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!