Gobabis Toyota laat wiele beter rol by N/au2019an ku su00ea
Gobabis Toyota laat wiele beter rol by N/au2019an ku su00ea

Gobabis Toyota laat wiele beter rol by N/a’an ku sê

Mariana Balt
Die Namibiese wild­lewe-organisasie N/a’an ku sê het onlangs ’n hupstoot gekry toe Gobabis Toyota twee nuwe Toyota Land Cruisers geskenk het om dit met bewaringswerk te help.
Gobabis Toyota ondersteun N/a’an ku sê se doelwit om Namibië se kwesbare wild te beskerm. Die motormaatskappy se direkteur, Theo Redelinghuys, het die voertuie se sleutels aan N/a'an ku sê direkteur, Marlice van Vuuren, oorhandig terwyl die organisasie se ambassadeurjagluiperds Aiko, Kiki en Aisha toegekyk het.
Die nuwe Land Cruisers is noodsaaklik vir N/a’an ku sê se karnivoorbewaring- en navorsingprojekte en sal dit help om “bewaring deur innovering” te lewer, wat die kern van sy werk is. Die motors is ideaal aangepas vir die werk in die reservaat wat sowat 45km buite Windhoek geleë is.
Die bewaringorganisasie se Karnivoor Bewaring­s- en Navorsingsprogram het ten doel om groot karnivore soos die jagluiperd, luiperd en bruin hiëna in die land te beskerm en te bewaar. N/a’an ku sê Wyn- en Wildlewe Landgoed, Neuras, bied nóg 14 000 hektaar vir noodsaaklike navorsingprojekte en Kanaän N/a’an ku sê Woestynoord se 33 000 hektaar word gebruik vir karnivoor- en bruin hiënabewaring.
Die nuwe motors sal die organisasie help om die diere te monitor en op te spoor en navorsingspanne na verskeie plekke in die land te neem om diere te monitor wat met spoorstelsels toegerus is.
Dit sal ook help om vrywilligers rond te ry en beseerde of weesdiere te vervoer.
“Ons werk met alle wilde diere in Namibië, van slange tot leeus wat hulp benodig," sê Van Vuuren. “Dis waar goeie vriende soos Gobabis Toyota vir ons waardevolle hulp bied.”
Om geld vir die projekte te kry, is altyd ’n uitdaging vir hierdie bewarings­organisasie en daarom is dit belangrik om die regte vennote betrokke te kry. Die motors word benodig om al die projekte in die verskillende dele van die land te kan bereik en om plaaslike borge en plaaslike mense se hulp te hê, is” ’n riem onder die hart”vir die organisasie.
“Ons het werklik Land Cruisers nodig vir ons werk, duursame en geskikte voertuie wat in die sandduine en berge kan ry om die jagluiperds te volg,” sê Marlice.
“Ons moet groot karnivore oral in die land oplaai wat in mens-dierkonfliksituasies verkeer of siek of beseer is. Daarvoor het ons betroubare, sterk motors nodig.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!