Gobabis, Windhoek skou volgende week
Ronelle Rademeyer – Ná 2020 se afwesigheid vanweë die pandemie, heers groot opgewondenheid onder telers wat diere op Gobabis gaan skou, gevolg deur Windhoek Skou kort op die hakke daarvan.
Die 2021 Gobabis Skou skop Dinsdag af en duur tot Donderdag. Windhoek Skou begin Vrydag en loop die daaropvolgende Vrydag ten einde.
Volgens mnr. Hennie Kruger, Windhoek Skou se lewendehawe-koördineerder, sal agt beesrasse in die ring beoordeel word. “Die 249 beeste wat deur 29 telers ingeskryf is, is heelwat minder as in 2019,” sê hy. Dit sluit die 27 slagosse vir die slagoskompetisie in.
Die rasse wat te sien sal wees, is Hereford, Angus, Brahmaan, Sussex, Charolais, Dexter, Simbra en Simmentaler.
Tydens die onderhoud met Kruger was dit nog nie bekend hoeveel stuks kleinvee by Windhoek Skou vertoon sal word nie. Daar is sowat 70 slaglammers vir die slaglam-kompetisie ingeskryf.
Nie een van die beesrasse bied vanjaar nasionale kampioenskappe aan nie. “Die Simbras beplan om volgende jaar, wanneer die ras sy 35ste bestaansjaar vier, nasionale kampioene te kies,” sê Kruger.
Eerste op die Windhoekprogram is die beoordeling van die slagosse op die hoef. Dit geskied Sondag (26 September) om 14:00. Daarna ding die kinderhanteerders in die ring teen mekaar mee.
Maandagoggend om 09:00 vind die Feedmaster Brahmaan-beoordelingskompetisie vir hoërskoolleerlinge plaas. Dit was 'n inisiatief van wyle mnr. Dawid Krause, handelsmerkspesialis en tegniese raadgewer vir stoetveedienste van Feedmaster.
Hy was besig met die reëlings hiervoor toe hy vroeg verlede maand aan Covid-19 dood is.
Krause was ook jare lank die aankondiger by Windhoek Skou se vee-afdeling.
Kruger sê hy was bemind by almal en sy grappies en kwinkslae agter die mikrofoon sal gemis word, om nie te praat van sy dekadelange ondervinding en kennis van skoue nie.
Die veeparade en kroning van die kampioendiere vind op Donderdag 30 September om 16:30 plaas.
Mnr. Calle Schlettwein, minister van landbou, water en grondhervorming, is die gasspreker by dié geleentheid.
– [email protected]
FOTO
Die foto van mnr. Tjiritja Mbuakua is tydens die vorige Windhoek Skou in 2019 geneem. Foto Argief

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie