God is geen sadis
God is geen sadis

God is geen sadis

Mandy Rittmann
J A ROSSOUW SKRYF:

“Ek kyk na 'n plaasmoord op 'n jong egpaar en tweejarige dogtertjie . . .”

In hierdie SMS, geplaas op 23 Oktober, sê die skrywer hy verstaan die optrede van die moordenaars, waarna opgemerk word: "watse God laat so iets toe? Net 'n sadis kyk na so iets sonder om in te gryp.”

Om te kan verstaan waarom God toelaat dat iets gebeur of waarom Hyself ingryp in daaglikse gebeure, is nie eenvoudig nie, en ons moet vir sy ingryping in ons lewens in 'n verhouding met God staan. As 'n vreemdeling iets doen waarvan ons nie hou nie, swyg ons gewoonlik omdat ons nie die moed het om hom of haar te konfronteer nie, maar as ons mekaar ken en vir mekaar omgee, vra ons so iemand waarom hy of sy iets gedoen het.

Om te verstaan waarom God iets gedoen het, of toegelaat het dat iets gebeur, moet ons Sy Woord bestudeer, in gesprek met Hom daaroor tree of selfs 'n antwoord van die Heilige Gees vra. Jesus het self gesê dat Hy die Heilige Gees na die gelowiges sal stuur, om hulle te lei, te leer en te herinner aan dit wat Hy hulle geleer het. As gelowige behoort ons bede, as ons iets nie verstaan nie, te wees: “Here, praat met my.”

Die Bybel is die Woord van God en openbaar dat die mens na die beeld van God geskape is, en nie 'n produk van evolusie is nie, al glo sekere proffies en doktore en selfs teoloë dat dit wel so sou wees.

Ons lees in Daniël 3 hoedat Daniël se drie vriende in die vuuroond gegooi is omdat hulle die woord van die koning geminag het. Hulle het nie vir 'n oomblik God bevraagteken waarom Hy die koning toelaat om so iets te doen of waarom God nie ingryp om te verhinder dat Nebukadneser met sy planne voortgaan nie.

God het hom juis toegelaat om dit te doen, om daardeur te sien en te erken: "Aan die God van Sadrag, Mesag en Abednego kom die eer toe, Hy wat Sy engel gestuur het en Sy dienaars gered het. Hulle het op hulle God vertrou en het die koninklike bevel verontagsaam en hulle was bereid om hulle lewe te verloor eerder as om enige god behalwe hulle God te dien of te aanbid.” (Dan. 3:28 NAV)

In die Huisgenoot van 15 deser is daar twee artikels, een oor die melkweg en 'n ander oor Saturnus. Wyle dr. Japie van Zyl, wat bekend was vir sy uitmuntende bydrae aan NASA, het by geleentheid gesê as ons eie sonnestelsel so groot is soos 'n vyfdollarmuntstuk, is ons melkweg so groot soos die oppervlakte van die VSA!

As ons weet dat ons eie melkweg deel is van 'n groep van meer as twintig melkweë en dat die grootste groep melkweë uit meer as honderd bestaan, weet ons dat God almagtig is en ons nie Sy doen en late kan/mag bevraagteken nie.

Sterke aan alle medegelowiges.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!