Goddelike geheime van die Ja-Ja!-susterskap
Jo-Maré Duddy - Huis.
Túís.
Taalkennis laat my in hierdie verligte ná-naguur in die steek. Is daar nóg ‘n taal wat die knusgeit van behóórt só onderskei: ‘n Enkele letter uit ‘n alfabet van 26 wat die verskil tussen vier mure en ‘n woning só vasgryp?
Jou huis. Mure wat jou verbete tussen die aanslag van die buitewêreld en die elemente beskerm. En tuis wat jou koester.
Geseënd is die bitter min van ons waar ons huis ons tuiste is.
Nog minder as bitter min dié van ons wat meer as een tuiste het.
Nie ‘n Koos Kombuis se (vakansie)huisie by die see nie. Nie ‘n aftreehuisie nie. Nie ‘n plaasopstal waarheen ons naweke kan ontvlug nie.
Nee, ‘n ekstra tuiste waartussen ons elke liewe dag kan vloei soos die hemelse reën waarna ons smag: Ons bloedfamilie en die Huis van ons Susters.
Die Huis van ons Susters is soos die huis waar die son opkom, die huis waar ons nooit die son toelaat om onder te gaan nie. Die huis waar ons naak en weerloos in die sagste skemer dans.
Want ons is veilig in ons susterskap. Sáám geskape in die groot geheime van die lewe: Ma-wees, beskermer, vredebewaarder, tuisteskepper, ons harte groot balle van yster. Kreatief in élke sin van die woord.
Susterskap is nie vir sissies nie.
Nooit het ek gedink ek sal só ‘n huis ontdek nie. Dit verdien nie.
‘n Huis met só baie kamers.
Kamers vol Madonnas. Van maagdelike onskuld wie se meerminvinne net-net nie onder die lewe se onderstrominge vou nie. Vol van Rubenesque vroue. Vol van Picasso se slagvelde – blóú. Oorlopens toe vol van Jackson Pollock se kots.
Vroue wat dankbaar haar prins of prinses se afhak- Pep Stores-plastiekskoene aantrek. Met oorgawe in haar pampoenkoets klim net om tuis Kook-en-Geniet-Halloween-koekies met ‘n hart wat bars van liefde te gaan opdis.
Wat as al haar huismense slaap, saam met die wit hekse onder die volmaan in ‘n tuin swanger met jasmyn dans en hulde bring van die Godin van die Oes.
Dis ‘n reuse-huis, die huis van my susters. En soms het ek in die lang gange verdwaal. Maar die deure van die enigmatiese kamers vol mosaïek en kandelare was áltyd ongesluit. Vir as ek dit wou oopmaak en my pad wou vind.
Oos, wes, tuis bes.
Van kelder tot solder.
Altyd óóp arms. Immer óóp harte. Vir ewig óóp koppe.
Sonder ophou soek na die Groot Waarheid.
Die Groot Waarheid in wie se klam grond die sin van die lewe ontkiem. Wortelskiet in die liefde. Blaarblom in begrip. Groen in die Groot Besef.
Die wêreld is ons woning nie. Totius het dit gesê.
Dit is nie.
Ons woning is die sfeer van sáámwees. Sáámlééf. Sáám bangwees. Maar veral saam lág.
Huis, soete huis, sê die Ingelse.
Soetste-soetse, seg ek.
My huis is waar my hart is, het die liedjieskrywer al in vele lirieke gesê.
Mý hart is by júlle, klink my vals akkoorde deur die Groot Onbekendheid.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie